[Video] Miljoene in verwondering oor een man a capella-groep

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Byna 20 miljoen mense het binne 12 dae reeds Peter Hollens se merkwaardige weergawe van die lied, Mary did you know?, op sosiale media gekyk.

Hollens is ʼn een man a capella-groep waar hy al die dele afsonderlik sing voor hy dit in perfekte harmonie saamvoeg.

In dié video begin hy aanvanklik alleen sing voor nog “weergawes van homself” by hom aansluit.

Die video is binne ses dae meer as 15 miljoen keer op Facebook gekyk en binne 12 dae meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.

Hollens het al sedert 1999 meer as 80 enkelsnitte uitgereik en het al saam met verskeie bekende kunstenaars gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

George ·

Ik had Peter nog niet eerder gehoord, maar wat een prachtige stem en zo’n mooi lied!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.