Video: Miljoene kyke vir nuwe Ndlovu-jeugkoor-verwerking

Skermgreep uit die video

Meer as 25 miljoen mense het binne ses dae na die Ndlovu-jeugkoor se weergawe van die Michael Jackson-lied “Man in the Mirror” op YouTube gekyk.

Josh Georgiou, koorbestuurder, het aan EWN gesê dat die lied hulle na aan die hart lê.

“Ons vra dikwels vir verandering en wag vir iets om te gebeur, maar wat hierdie lied sê is dat jy by jouself moet begin. Jy moet in die spieël kyk, en jy moet die verandering wees wat jy in die wêreld wil sien. As ons ʼn beter land en wêreld gaan skep, moet ons by mekaar begin.”

Die Ndlovu-jeugkoor het internasionale bekendheid op die talentsoekprogram America’s Got Talent verwerf toe hulle tot die finaal deurgedring het.

Kyk hier na die musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.