[Video] ‘Modder en bloed’-klankbaan binnekort beskikbaar

Die Modder en bloed-klankbaan. Foto: Verskaf

Die Modder en bloed-klankbaan. Foto: Verskaf

Die oorspronklike klankbaan en die musiekvideo vir die temalied uit die fliek Modder en bloed is onlangs bekendgestel. Dié album, met die titel Modder en bloed, bevat liedjies geskryf en gesing deur kunstenaars soos Corlea, Bok van Blerk en Karlien van Jaarsveld. Al die liedjies is oorspronklik en spesifiek vir die klankbaan geskryf.

Die fliek speel af in 1901 teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog en vertel die verhaal van Willem Morkel, ʼn boer wie se vrou en enigste kind deur Britse soldate vermoor word. Morkel aanvaar as krygsgevangene ʼn aanbod wat tot die belangrikste wedstryd van die groep gevangenes se lewens lei.

Die album spog met ʼn rits bekende liedjieskrywers en sangers. Sean Else, regisseur van die fliek, en Johan Vorster het verseker dat van die beste plaaslike liedjieskrywers genader word vir dié projek.

Behalwe hul eie bydrae is liedjies uit die pen van Christoph Kotzé en Pierre le Roux ook ingesluit. Quinn Lubbe het die musiek van die fliek behartig.

Corlea se lied “Uit klip getap” handel oor die krag van ʼn vrou wat die liefde van haar lewe verloor het. Adam Tas se “O my kind” gaan oor die verskriklike pyn en skuld gaan wat ʼn man dra wat voel hy het nie genoeg gedoen om die dood van sy kind te voorkom nie.

Karlien van Jaarsveld en Dewald Wasserfall se duet “1 000 kerse” gaan oor liefde ten spyte van moeilike omstandighede en Gerhard Steyn se “Paul Roos” handel oor die legendariese kaptein en sy eerste Springbokrugbyspan wat oorsee gaan toer het.

Die album is van 1 April in musiekwinkels landwyd beskikbaar.

Kyk hier na die musiekvideo vir “Modder en bloed”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.