Video: Musiekvideo van ‘Die Gelofte’ vrygestel

'n Skermgreep uit die musiekvideo.

‘n Skermgreep uit die musiekvideo.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag die musiekvideo van “Die Gelofte” saam met die vervaardigingsmaatskappy Inhoud Huis en vyf van die land se topkunstenaars op AfriForum se YouTube-kanaal vrygestel.

“Die Gelofte” is ʼn toonsetting van die Gelofte wat in 1838 deur Sarel Cilliers opgestel is en waarin die Voortrekkers hul afhanklikheid van God in ʼn tyd van moedeloosheid en onsekerheid oor die toekoms verklaar het voor die Slag van Bloedrivier.

Die lied word deur Adam Tas, Chris Chameleon, Ghapi, Juan Boucher en Christoph Kotze, beter bekend as Appel, gesing. Dit is deur Johan Vorster van Inhoud Huis en Kotze getoonset. Die musiekvideo is deur Forum Films vervaardig, en die verspreiding word deur Dapper Media behartig.

“Die Gelofte” sal uiteindelik deel vorm van ’n album met dieselfde titel, wat in opdrag van AfriForum deur Vorster en sy maatskappy Inhoud Huis vervaardig word.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê luidens ʼn mediaverklaring dat die album grootliks as protesmusiek bestempel kan word.

“‘Die Gelofte’ is egter nie getoonset met die doel om as proteslied beskou te word nie. Dit is ʼn gewyde lied. Dit is ʼn lied van introspeksie, ʼn lied oor swakheid en ʼn lied oor krag.”

Roets voeg by dat AfriForum as organisasie op Christelike waardes geskoei is. “AfriForum glo dat dit elke mens se roeping is om die moue op te rol en self die hand aan die ploeg te slaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Charles ·

Wat ‘n hengse voorreg om Afrikaans en ‘n Afrikaner te wees!!

remondo ·

Trots…………………………..dis al wat ek kan se

Pieter ·

Dis presíés wat ons volk nou nodig het.
Onthou die geskiedenis. Neem uit die geskiedenis en bou daarop die toekoms!
Welgedaan inderdaad.
Moet nooit vergeet nie…

A ·

Daar gaan weer baie bekke uitgespoel word oor die lied. Maar is nou maar so. Die boere het die zoeloes ore aangesit

Johan ·

Toe die lied ‘n paar weke gelede op sosiale media versprei is, was ek in ekstase en kon nie wag vir die video nie. Wat ‘n teleurstelling en anti-klimaks was dit nie! As mens nie die lied hoor nie, is daar absoluut niks in die video wat hoegenaamd na die Gelofte verwys nie. Dit lyk amper of die bestaan van ‘n pragtige lewensgetroue monument van 64 ossewaens op die terrein waar die Gelofte 180 jaar gelede volbring is doelbewus verswyg word. Waarom?

DOEN DAN SO ·

Sou dit nie in jou smaak wees nie, doen dit soos jy dit wil he en verras ons

Trots ·

Kry ek nou hoendervleis van my kuite tot by my hande….. Knap manne.

Pietman ·

Puik! Dit herinner ons in hierdie taai tye om opnuut weer te vertrou.

Katvis ·

Pragtig! Absoluut pragtig! Maak die patriot in my wakker. Welgedaan manner.

Rudie Booyens ·

“Die eer van Sy Naam!!!”
Dis waar oor dit gaan.
Baie dankie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.