Video: Mzansi-jeugkoor skitter op AGT-verhoog

‘n Skermgreep uit die video van Mzansi-jeugkoor se aanbieding van die Fleetwood Mac-treffer, “Everywhere” op ‘America’s Got Talent’.

Met hulle verwerking van Fleetwood Mac se “Everywhere” het Suid-Afrika se eie Mzansi-jeugkoor vandeesweek behoorlik op die America’s Got Talent-verhoog geskitter. Te danke aan hulle topklasvertoning is die koor een van die deelnemers wat na die eindrondte van dié internasionale talentsoekkompetisie deurdring.

Die Mzansi-jeugkoor sal op 26 en 27 September teen Putri Ariani, Murmuration, Ahren Belisle, Lavender Darcangelo, en Adrian Stoica & Hurricane, meeding vir die wenplek van America’s Got Talent se agtiende seisoen. Die wenner sal met prysgeld ter waarde van $1,5 miljoen (sowat R29 miljoen) wegstap.

“Ons sê altyd dat die verhoog jou kan maak of breek, en vanaand het dit julle beslis gemaak. Weer eens dankie vir die pragtige huldeblyk wat julle vroeër in die seisoen aan Nightbirde gebring het,” het Simon Cowell gesê terwyl hy ook na familielede van Jane Marczewski, beter bekend as Nightbirde, in die gehoor verwys het.

We are feeling beyond blessed. What an amazing experience! Thank you for voting for us America???????? – can't wait to do it all again at America's Got Talent FINALS!!!!

Posted by Mzansi Youth Choir on Wednesday, September 6, 2023

Talle Suid-Afrikaners het op sosiale media geskryf hoe trots hulle op die koor is.

“Absoluut ongelooflik, Mzansi-jeugkoor. Ek is so bly en trots op julle ouens [sic],” is die Grammy-bekroonde fluitspeler Wouter Kellerman se woorde.

Nog ʼn sosialemediagebruiker skryf: “Baie geluk, julle! Maar hou asseblief julle lewendige Suid-Afrikaanse geur [met die] volgende rondte … Dit is onverbeterlik! [sic].”

Maroela Media het vroeër berig dat die Mzansi-jeugkoor vanjaar geskiedenis by America’s Got Talent gemaak het nadat hulle die eerste deelnemers in die kompetisie se geskiedenis is wat deur die gehoor met die “Golden Buzzer” beloon is. Die koor het hulle weergawe van Nightbirde, wat ook ʼn deelnemer aan dié kompetisie was voordat sy weens kanker gesterf het, se “It’s Ok” gesing.

Luister hier na die Mzansi-jeugkoor se aanbieding van die Fleetwood Mac-treffer, “Everywhere”:

Bykomende bron: NBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

Die hoofsangeres het ‘n goeie stem. Hulle is vir my beter as daai ander groep wat voorheen deelgeneem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.