Die Afrikaanse rockgroep, Nagligte, wat bekendheid verwerf het vir hul eerste enkelsnit en liriekvideo, “Dit stop nou”, het pas ’n nuwe musiekvideo vir hul liedjie “Bly” uitgereik.
Dié rockers, wat saam met Universal Musiek Suid-Afrika werk, bestaan uit Jacobus (Roof) Brink, Wynand Jonker en Daniël (Eddie) Brink, wat almal voormalige sakemanne is.
Die groep se debuutalbum is landwyd in alle goeie musiekwinkels beskikbaar. Aanhangers kan uitsien na liedjies soos “Dit stop nou”, “Skyn” en “Hou dit teen my”.
Kyk die musiekvideo vir “Bly” hier onder.
https://www.youtube.com/watch?v=hIWA_FWDe_U