[Video] Nuwe Graskoue Trappers bekoor gehoor

Nuwe-graskoue-trappers

‘n Skermskoot uit die video.

Die Nuwe Graskoue Trappers, ’n tradisionele rieldansgroep uit die Wes-Kaap, ervaar beslis ʼn goeie jaar. Ná hulle onlangse sukses op die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Los Angeles in die VSA wil dié groep nou die land se oudste dansvorm na Suid-Afrikaanse teaters neem.

Die groep het ʼn staande ovasie ontvang ná hulle onlangse vertoning in die Baxter-teater in Kaapstad.

  • Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. eNuus word elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

betzie ·

Om te dink die meeste Afrikaners skaam hulle vir volkspele , maar rieldansers kry n staande applous in die Baxter teater .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.