Opera word soms as ʼn elitistiese kunsvorm beskou wat net vir die rykes en geleerders bedoel is.
ʼn Plaaslike nie-winsgewende organisasie wil die persepsie rondom dié eeueoue kunsvorm verander. Hiervoor is ʼn byderwetse reklameveldtog van stapel gestuur om te verseker dat Jan Alleman weer na die teaters terugkeer om opera te luister.