Video: SA bekendes sing saam oor paniekkopers

Karen Zoid sing in ‘n toiletborsel in in dié video (Foto: Skermgreep uit die video)

Bekende Suid-Afrikaners soos Karen Zoid, Francois van Coke, Zolani Mahola, Jack Parrow en Arno Jordaan het almal op video byeengekom in ʼn liedjie om die boodskap van verantwoordelike aankope aan mense oor te dra.

Dié liedjie is pas deur Pick n Pay bekendgestel om mense aan te moedig om nie winkelrakke leeg te maak nie.

“Nou, meer as ooit moet ons na mekaar omsien. Maar sommige kopers doen steeds onnodig paniekaankope, en laat die rakke leeg vir die mense wat dit die nodigste het,” skryf Pick n Pay by die plasing van die video op Facebook.

“Dit is hoekom vriende nie ander vriende toelaat om paniekaankope te doen nie. Van Suid-Afrika se bekendste musikante herinner jou dat jy nie dáárdie persoon wil wees nie.”

Kyk die video hier:

Don’t Panic Buy – Shop thoughtfully!

Now more than ever, we need to look after each other. But some shoppers are still stockpiling unnecessarily, leaving empty shelves for others in need. That’s why friends don’t let friends panic buy! Check out some of SA’s musos reminding you that no one likes ‘that guy’. ???? Zolani Mahola, Karen Zoid, Majozi, Arno Carstens, Ard Matthews, Theo Crous, Francois van Coke, Kahn Morbee, LIRA, Loyiso, Jack Parow & Early B

Posted by Pick n Pay on Wednesday, 25 March 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae