SA’s Got Talent se gewilde kinderster, Henno William, het pas sy eerste internasionaal-vervaardigde enkelsnit vrygestel.
Die gewilde jong sanger was die eerste deelnemer aan dié program wat die sogenaamde “golden buzzer” gekry het. Dié goue knoppie word een keer in ʼn reeks aan ʼn beoordelaar toegeken en verseker dat ʼn deelnemer direk deurgaan na die top tien.
Henno sing al sedert hy ses jaar oud is. Toe sy ouers besef hy het so ʼn besonderse talent, het hulle hom op 10 vir professionele stemopleiding gestuur. Dit is egter eers ná sy betrokkenheid op SA’s Got Talent dat hy roem verwerf het.
Intussen het Kevin Liles, ʼn platebaas van New York, hom ʼn platekontrak aangebied. Liles het al gewerk saam met ander bekende sangers soos Demi Lovato, Miley Cyrus en Kelly Clarkson.
Die enkelsnit, “The Best Part”, se musiekvideo het vandeesweek op Pasella gedebuteer.
“Dit was wonderlik om saam met hierdie mense te werk. Ons het die helfte van die liedjie in Suid-Afrika opgeneem en dit later klaargemaak in Los Angeles. Dis vir my ʼn wonderlike voorreg,” het hy in ʼn persverklaring gesê.
“The Best Part” is beskikbaar op iTunes.
Wow! Baie geluk! Wat ‘n wonderlike geleentheid. Jy kan voorwaar baie trots wees op jouself Henno
Sjoe, wat a wonderlike talent!
Voorspoed vir die toekoms!