[Video] SA-kinderster spog met internasionale liedjie

Henno William. Foto: Verskaf

SA’s Got Talent se gewilde kinderster, Henno William, het pas sy eerste internasionaal-vervaardigde enkelsnit vrygestel.

Die gewilde jong sanger was die eerste deelnemer aan dié program wat die sogenaamde “golden buzzer” gekry het. Dié goue knoppie word een keer in ʼn reeks aan ʼn beoordelaar toegeken en verseker dat ʼn deelnemer direk deurgaan na die top tien.

Henno sing al sedert hy ses jaar oud is. Toe sy ouers besef hy het so ʼn besonderse talent, het hulle hom op 10 vir professionele stemopleiding gestuur. Dit is egter eers ná sy betrokkenheid op SA’s Got Talent dat hy roem verwerf het.

Intussen het Kevin Liles, ʼn platebaas van New York, hom ʼn platekontrak aangebied. Liles het al gewerk saam met ander bekende sangers soos Demi Lovato, Miley Cyrus en Kelly Clarkson.

Die enkelsnit, “The Best Part”, se musiekvideo het vandeesweek op Pasella gedebuteer.

“Dit was wonderlik om saam met hierdie mense te werk. Ons het die helfte van die liedjie in Suid-Afrika opgeneem en dit later klaargemaak in Los Angeles. Dis vir my ʼn wonderlike voorreg,” het hy in ʼn persverklaring gesê.

“The Best Part” is beskikbaar op iTunes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Patrys ·

Wow! Baie geluk! Wat ‘n wonderlike geleentheid. Jy kan voorwaar baie trots wees op jouself Henno

Penellope Jones ·

Sjoe, wat a wonderlike talent!
Voorspoed vir die toekoms!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.