[Video] SA sanger en komediant kap dit uit in Pta-winkelsentrum

‘n Skermskoot uit die video

Die Afrikaanse sanger Robbie Wessels het reeds sy “danstalent” gewys met sy dikwels skreeusnaakse en passievolle danspassies in musiekvideo’s soos “Macarena Mambo” en “Leeuloop”.

Nadat die komediant Nico Swartz egter onlangs opslae gemaak het met sý danstoertjies wat hy op die maat van Wessels se musiek uitvoer, het dié sanger Swartz tot ʼn kompetisie uitgedaag nét om te wys dat hy steeds koning kraai.

Dié uitdaging het waarskynlik gevolg nadat talle video’s van Swartz die rondte gedoen het waar hy die klere in kantoorgeboue laat waai en op die maat van Wessels se musiek dans om die “moraal te lig”.

Die sanger en komediant het onlangs weer die klere laat waai vir onderskeidelik ʼn noupassende swembroekie en ʼn knap oefenuitrusting om mekaar die stryd aan te sê in ʼn “danskompetisie” wat in die Menlyn Park-winkelsentrum plaasgevind het.

“Robbie, jy het kompetisie,” het Kobus Groenewald op Facebook geskryf. “Nico, ek dink jy het hier gewen. Julle laat my lag en terselfdertyd kry ek ʼn knop in my keel en verlang huis toe hier in Nieu-Seeland. Net ons mense het soveel gees.”

“Welgedaan, Robbie en Nico – julle albei is kampioene. Robbie want hy is Robbie, en hy het tyd afgestaan vir een van sy ‘fans’. Nico – jy vir jou ‘guts’. Julle albei het my sommer baie trots gemaak,” het Shantel Jenkins laat hoor.

Die video is meer as 19 000 keer gedeel en is sowat 360 000 keer gekyk.

Robbie Wessels en Nico Swartz Dance-off

Ek het vir Nico Swartz uitgedaag vir 'n "Dance-off" in Menlyn Park Shopping Centre. Wie dink julle het gewen? #RobbieNicoDanceOff (Kyk die video in HD om hom die meeste te geniet.)Kry die album hier: https://INHOUDHUIS.lnk.to/RWWoestynFa

Posted by Robbie Wessels on Monday, October 30, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

bonnie ·

dankie julle vir die lekker vermaak wat julle maak. het dit reg baie geniet. eks is trots afrikaans.

Gerhardt O ·

Lekker man! Nou kry tog vir Heinz Winckler om ook sy boude te ontspan.

Estelle Claassens ·

Ag nee-wat Nico……ń gemaakte man na-aap werk nooit! ????

Loslap ·

Jy ken duidelik nie die geskiedenis nie, doen jy? Robs het hom uitgedaag na die video van Nico by die werk, waar hy deelgeneem het aan hul “lipsync” kompitisie.

Jenny Thom ·

Ai, ek het nou behoorlik geskater van die lag.
Dit is voorwaar en tipies net ons ongelooflik boeremanne wat so geheel en al stuitig en verspot kan wees. Lief vir jul 2tjies

Jenny Thom ·

Ai, ek het nou behoorlik geskater van die lag.
Dit is voorwaar en tipies net ons ongelooflike boeremanne wat so geheel en al stuitig en verspot en met hope “guts” kan wees. So eg Afrikaans. 10 uit 10

E.K. (vra net) ·

Grillerig – kon hul nie maar net “quick tan” eers kry nie?

Theresa B ·

O dis baie snaaks. Dankie julle twee dat ‘n mens darem weer kan lag na alles wat die afgelope tyd in die media gefloat het. Ek haal my hoed af vir julle. Dit verg guts hoor, maar baie dankie. Ek het so lekker gelag my make-up is daarmee heen. Doen so voort ons het julle nodig!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.