Video: SA super-rockgroep staan saam teen kanker

Die super-rockgroep Blood Brothers. Foto: Andre Badenhorst.

Die super-rockgroep Blood Brothers. Foto: Andre Badenhorst.

Die Vrede Foundation wat daarop fokus om jongmense bewus te maak van kanker, het vanjaar kragte saamgesnoer met die super-rockgroep Blood Brothers.

Die Vrede Foundation maak altyd gebruik van ʼn musiekgeleentheid bekend as VredeFest om nie net jongmense bewus te maak van kanker nie, maar ook om geld in te samel ten bate van jong Suid-Afrikaners met kanker.

Die nuwe supergroep bestaan uit tien van die land se grootste name in Suid-Afrikaanse rockmusiek en die groepslede gaan die treffers opvoer wat hulle bekend gemaak het, asook die liedjies van internasionale musiekgroepe wat hul klank inspireer het.

Blood Brothers bestaan uit Francois van Coke (Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel), Arno Carstens (Springbok Nude Girls), Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar en Heuwels Fantasties),  Albert Frost (Blues Broers), George van der Spuy (Taxi Violence en Goodnight Wembley), Kobus de Kock Jnr (Black Cat Bones), Rian Zietsman (Taxi Violence en Beast), Loedi van Renen (Taxi Violence), Jason Hinch (voorheen deel van Black Cat Bones) en Isaac Klawansky (Shadowclub).

Blood Brothers is op 18 Julie by Carnival City se Big Top Arena te sien en op 23 September by die Grand West Casino in Kaapstad. Kaartjies is hier beskikbaar tussen R250 en R395. Daar is ook ʼn bus vir konsertgangers  wat vanaf Pretoria na Carnival City ry. Kaartjies is hier beskikbaar teen R180 per persoon.

Maroela Media het met Francois van Coke gesels oor hoe die Vrede Foundation tot stand gekom het en wat aanhangers van die supergroep kan verwag.

Vir meer inligting oor die Vrede Foundation besoek gerus vredefoundation.co.za.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.