[Video] Saarkie vertel Dullstroom-stories in nuwe musiekvideo

Die Afrikaanse rockgroep, Saarkie, het onlangs die musiekvideo vir die enkelsnit “Dullstroom”, van die album Reisiger af, bekendgestel.

Die trio, wat bestaan uit Adèle Fouché (hoofsanger, kitaar en mondfluitjie), Lila Botha (dromme en agtergrondsanger) en Lourene Mostert (baskitaar, klawerbord en agtergrondsanger), het met dié musiekvideo kykers probeer herinner aan die onvergeetlike herinneringe en oomblikke in die geskiedenis wat dié dorpie in Mpumalanga kenmerk.

“Dit was ʼn ongelooflike ervaring en ʼn leerskool wat ons deur diep waters gevat maar ook gemotiveer het om hard te werk en dinge prys te gee vir wat jy in die lewe wil hê. Ons album gaan oor die reise van die lewe asook die reise na plekke wat soveel stories en herinneringe in ons harte ingekerf het,” sê die groep.

Die groep het ook in Februarie vanjaar ʼn musiekvideo vir “Somerjare” op Jukebox bekendgestel. Kyk na “Dullstroom” se musiekvideo hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.