[Video] Sanger bied huldeblyk aan klein Poppie

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

“Poppie, dié een is vir jou. Jou blou oë het nog steeds nie ophou spook by my nie, jy was nie die eerste engelkind om te val nie, maar ek hoop jy sal die laaste wees.”

Só sê die sanger Stephan Visagie in ʼn huldeblyk aan Poppie van der Merwe, die driejarige meisie wat glo deur haar stiefpa vermoor is.

Visagie het ʼn liedjie vir Poppie geskryf en ʼn musiekvideo op Facebook gelaai. “Hierdie wêreld was te wreed vir iemand soos jy. ʼn Laaste seerkry, maar nou’s dit verby,” lui van die lirieke.

Die video is al meer as 63 000 keer gekyk en word wyd op sosiale media gedeel.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

Stephan Visagie – Jy is Vry

#Poppie, die een is vir jou. Jou blou oë het nog steeds nie ophou spook by my nie, jy was nie die eerste engelkind om te val nie, maar ek hoop jy sal die laaste wees.Jy is vry – musiek en liriek Stephan VisagieJy's die nuwe ster in die hemel vanaand.Jou naam is geroep en jy moes gaan.Jy is vry.Hierdie wereld was te wreed vir iemand soos jy.'n Laaste seerkry, maar nou's dit verby.Jy is vry.Want in jou oë was die seer van 'n duisend jaarEn wat die wêreld jou skuld sal ons nooit kan betaal nieRus sagJy is vry…Ek is nie in staat om vir Poppie te help nie, maar ek kan probeer om iemand te help wat kinders help. As jy in enige posisie is om 'n donasie te maak aan Npo RibbonsforRoses sal Ampie Fourie hierdie liedjie aan jou stuur. Gebruik net jou selnommer as verwysing op jou inbetaling. R10 of R100, enige bedrag sal welkom wees. Dankie aan Gert Mostert van KAM Studios vir die opname en dankie Babette Viljoen en Olga Leonard vir jul engelstemme in die agtergrond. Dankbaar soos altyd aan Skolla van PinPro Media wat die video gemaak en opgelaai het.Ribbons4RosesFNB Tjekrekening 623 537 514 09Takkode 200207#JyIsVry (You are Free) – This song was inspired by the death of 3-year old Poppie van der Merwe and is in memory of all the other deaths attributed to abuse. Please – don't keep quiet, report #Abuse. HD version – https://vimeo.com/193142012FHD version – https://youtu.be/RAsjJzQb1tsFootage Credit: This video is a re-edit of the short film "ReMoved" by Nathanael and Christina Matanick.

Posted by Stephan Visagie on Saturday, November 26, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sonja ·

Meesterlik gedoen Stephan!!!!!. Daai klein lyfie verdien die puik liedjie. Nou is sy VRY en by haar regte Vader waar geen seerkry meer is.

Irene ·

Dis baie mooi en alles, maar ek hoop nie hy verdien geld uit die liedjie uit nie. As hy wel doen, behoort hy dit aan liefdadigheid te skenk. Mens maak nie geld uit so ‘n tragedie nie.

Ag nee ·

Ag nee mense, hoekom mag hy nie geld daaruit maak nie? Mense het al oor baie tragedies en oorloe gesing en geld gemaak daaruit, ook het Clapton oor die dood van sy seuntjie gesing, dis nou regtig aanmatigend om te dink hy mag nie geld maak uit die liedjie nie. Hy maak nie geld uit die DOOD van die kind nie, hoekom mag hy nie geld maak uit die liedjie wat haar lewe eer nie? Onthou julle Norma Jean en Elton John se liedjie English Rose oor Prinses Diana se dood? So ook die Coleske’s se liedjie Kevin ‘n seuntjie wat op sy fiets doodgery is .. Dink julle hulle het verniet gesing?

Marge Kroucamp ·

Ek wil tog net ‘n vriendelike regstelling maak. Stephan Visagie is aan my bekend vir d laaste 4jaar. Die dood v klein Poppie vd Merwe het hom werklik geraak. En daarom het hy d liedjie geskryf…self opgeneem uit sy sak. Daarna het hy vir Ampie Fourie v R4R gekontak en die liedjie word sodoende versprei. Daar is soveel gesinsmoorde asook ouers/stiefouers wat hul kinders verniel. Mans en vroue wat mekaar te lyf gaan. En al wat ons wil sê…Hou net op!!. Ons is nie deur God op aarde geplaas om mekaar te verniel en te vermoor nie!! Dus vra ek dat mense nie te vinnig moet wees om te oordeel nie. Maak tog eerder net eers seker v jul feite asb?

ronel ·

lees asseblief die volle artikel iin huisgenoot oor die liedtjie Stephan maak geen sent hieruit, hy het dit geskenk aan Ribbons4Roses

Ampie Fourie ·

Graag wil ek aan elkeen wat bogenoemde lees die versekering gee dat Stephan alle skenkings aan Ribbons4Roses skenk wat mag voor spruit uit JY IS VRY. Hy het dit is sy hart gedoen vir kinders. Ribbons4Roses is tans besig om aan projekte te werk om dit moontlik te maak om huise van veiligheid te skep vir kinders wat in hierdie nood verkeer. U is welkom om my te kontak by 0827229544 indien u graag ook betrokke wil raak. Groete en ons SALUTE jou Stephan wat soveel meer gee as wat ons vra.

Magriet ·

AG TOG!!!!!!! GAAN LEES SY STORIE DAN SAL JY NIE SULKE NONSENS KWYT RAAK NIE!!!! VIR STEPHAN VISAGIE GAAN DIT NIE OOR GELD!!!!!

Ai tog ·

Ai Irene en Ronel. Hy het dit op FB gelaai en dia al meer as 63000 keer vanaf sosiale media gekyk. Dink jul regtig as iemand iets vir die sosiale media gee, dat hy daaruit geld gaan maak? Poppie se dood het ons almal hard geskud. Dit moes nie gebeur het nie!!!!!!

Ai tog ·

Ai Irene en Ronel. Hy het dit op FB gelaai en dit al meer as 63000 keer vanaf sosiale media gekyk. Dink jul regtig as iemand iets vir die sosiale media gee, dat hy daaruit geld gaan maak? Poppie se dood het ons almal hard geskud. Dit moes nie gebeur het nie!!!!!!

pyn ·

pynlik! dat julle nou kan wonder oor of hy geld maak of nie? wat maak dit saak?

Dingetjie Datjie ·

Dis regtig baie mooi!! Ek hoop dit sal mense met ander oë laat kyk en kan oplet as daar kinders of vrouens is wat mishandel word! Laat die video asb die hele land deur gaan!

Van ·

daai pyn in daai dogtertjie se ogies op hierdie foto, wil my laat huil. hoekom hoekom hoekom!!!!!!!!!!

ronel ·

Stephan maak geen sent uit hierdie liedtjie, hy het die liedtjie op sy eie onkostes laat opneem en dit aan Ribbons4Roses geskenk- n instansie waarvoor hy al jare n ambassadeur is en wat hulself beywer vir die finansiele hulp verlening vir kinder kanker en verskeie ander kinder siektes! Die liedtjie kan by R4R aangevra word vir n donasie direk aan hulle,
Mense wat Stephan ken sal weet hy werk baie hard vir die geveg teen kinder en vroue mishandeling en het die grootste hart. Ek is sommer hoendervleis trots op hom, hy is een van die min mense ek ken wat net goed in hom het!

Ronel(Hexi) ·

Ek sien hier is nog n Ronel en dit kan verwarring skep- so ek herhaal graag my kommentaar van vroeer, Stephan Visagie is die eerbaarste, sagste mens! Die Liedjie het hy uit sy hart geskryf, uit sy eie sak laat opneem en gratis vir Ribbons4Roses geskenk – R4R is n nie winsgewende groep wat gesinne bystaan met kinders met terminale siektes, R4R ontvang alle gelde direk wat uit hierdie liedtjie gemaak word. Stephan het alle wins daaruit aan hulle geskenk. Ek dink ander Ronel en Irene is bitter onregverdig en het duidelik nie die hele artikel eers gaan lees op huisgenoo.com alvorens hulle begin kritiek lewe het nie

LS ·

Dit is regtig ‘n mooi liedjie Stephan! Ek sien sommer vir Poppie daar bo in die hemel luister na die liedjie elke keer as iemand daana luister ‘n groot glimlaggie op haar mooi gesiggie en NIE MEER hartseer ogies, en sy vertel vir al die ander engele om haar: dit is MY liedjie, spesiaal vir my!!!

Blackwidow ·

Stephan puik liedjie, behalwe dat ek snot en trane gehuil het by die werk

Opregtheid ·

Liewe jong man, dit is mooi, opreg en uit die hart, dankie virjou bydra om die Poppies sonder mense regte minder of geen te maak. Asook die boeties van die Poppies van ons lewe. Ek wil net mooi vra RibbonsforRoses moet dit asb nie aan die familie stuur, al maak hul watter donasies, hulle het hierdie dogtertjie versaak, sy is nie oornag skielik aangerand en doodgeslaan en geskop nie, dit het in haar hele lewe gebeur. Die ergste is haar Ma en biologiese Pa wat nou ewe heilig en onskuldig is, moet asb nie sê, moenie oordeel – jy as Moeder en jy as Vader is die primere versorgers, daar kan nie ‘n erg mishandelde dogtertjie en seuntjie en nou boonop alles die lyk van ‘n 3 jarige dogtertjie wat deur ‘n volwasse fisies doodgeskop en geslaan is nie.

Stoffel Harmse ·

Ek ken vir Stephan Visagie Persoonlik. In die tyd wat ek hom en sy ouers ontmoet het, het ek hom leer ken as ‘n mense mens. Stephan sal NOOIT homself verreik ten konste van ander nie. Ek en Annali weet. Hier is ‘n deur wat vir hom oopgegaan het en ons gun hom dit. Ons bewonder sy openhartigheid om betrokke te raak by R4R en nie skroom om te help waar hy kan nie. Doen so voor my vriend.

Ida Jordaan ·

Stephan Visagie is die edelste mens wat ek ken. Sy hart was stukkend oor Poppie. Die woorde het vanself gekom en elke enkele sent gaan vir liefdadigheid. As jy n bydrae wil maak kontak vir Ampie Fourie van Ribbons4Roses. Sy sal selfs vir jou die liedjie stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.