Video: Skoolkinders maak mooiste musiek

(‘n Skermgreep uit die video)

“Mag ons leer om ons verskille te vier. Moenie na die stemme luister wat sê jy is nie goed genoeg nie, want jy is. Wees trots op jouself, wees braaf en dapper – wees net jy!”

Dít is die boodskap wat Laerskool Beaumont se senior skoolkoor met sy jongste musiekvideo deel. Die koor het vroeër dié week sy derde volledige musiekvideo van sy weergawe van die trefferlied “This is me” in die rolprent The Greatest Showman uitgereik en mense is gaande daaroor.

Sowat 75 van die koorlede van die skool in Somerset-Wes het ʼn hele kwartaal lank saamgewerk om die produksie vir die nuwe musiekvideo saam te stel.

“Vir ons as koor is dit belangrik om met elke musiekvideo ʼn boodskap te deel. Met hierdie liedjie wou ons in die lig van boelies in skole vir kinders sê hulle is elkeen spesiaal, uniek en het ʼn stem wat gehoor moet word,” sê Kobus Ferreira, ʼn onderwyser aan die skool en afrigter van die koor.

Ferreira sê hulle wil met die musiekvideo’s koormusiek genotvol vir oud en jonk maak.

“Ons wil vir kinders wys dit is lekker om saam te sing, dat seuns ook mag musiek maak en dat dit ʼn kragtige medium is om ʼn boodskap in oor te dra.”

Ferreira sê die skoolkoor beplan om sommer vroeg in 2022 nog musiekvideo’s uit te reik.

Volg Laerskool Beaumont se YouTube-kanaal om al die musiekvideo’s eerste te sien.

Kyk hier na die musiekvideo:

Kinders bekoor met Johnny Cash-lied

ʼn Groep kinders van Trompsburg, ʼn dorpie in die middel van die Vrystaat, het bewys Suid-Afrika het talent ná ʼn video van hulle weergawe van die lied “Folsom Prison Blue” meer as 250 000 kykbeurte op Facebook gehad het.

Die leerders van Trompsburg Primêre Skool het die Johnny Cash-lied vir die skool se eindjaarkonsert opgeneem tot die groot vreugde van talle Suid-Afrikaners. Sedert dit in November op Facebook geplaas is, is die video reeds duisende kere gedeel, met talle kommentare daarby wat die kinders vir hulle talent prys. Selfs bekendes soos die sangeres Nádine en die aktrise Simoné Pretorius was beindruk met die kinders se sangtalent.

Kyk hier na die groep se musiekvideo:

Posted by Trompsburg Primêre Skool on Saturday, November 13, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Naomi ·

Trompsburg kinders om op trots te wees….julle is pragtig soos julle musiek….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.