[Video] Só klink Franja du Plessis se ‘Stad van verlange’

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Franja du Plessis, dogter van die sangeres Juanita du Plessis, het pas haar debuutenkelsnit, “Stad van verlange” en ook die musiekvideo vir dié liedjie uitgereik.

Maroela Media het vroeër berig Franja het aandag getrek toe sy ʼn lusmaker van haar eerste musiekvideo op Facebook gedeel het.

“Stad van verlange” verskyn op haar album wat later vandeesmaand beskikbaar is.

“Vandag het my enkelsnit ‘Stad van verlange’ vir die heel eerste keer op radio gespeel! Ek deel ook vandag die musiekvideo met julle, en hoop rêrig julle hou daarvan. Deel dit asseblief met almal,” het sy op Facebook laat hoor.

Die sangeres het al opgetree in konserte soos Afrikaans is groot (2013) en Gospel-skoupsel in Kaapstad (2013). Sy het ook ʼn rol in die Afrikaanse fliek As jy sing vertolk. Sy het een van die liedjies wat in die fliek gehoor word, “In twee geskeur”, spesiaal vir dié fliek geskryf.

Sy het ook help skryf aan gewilde liedjies vir haar sangeres-ma, onder meer “Om jou pinkie”, “Kaalvoetkind”, “Aanhou om aan te hou” en “Hou op soek”.

Franja se debuutalbum, My verhaal, word 24 Junie uitgereik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tascha ·

Die meisiekind mag maar sing! Nes haar Ma ‘n fantastiese talent en ‘n wonderlike aanwins tot SA musiek!!!

Mariaan van Zyl ·

Puik, is nie ‘n sterk genoeg woord vir haar wonderlike talent nie. You Go Girl!!!!

Nicolette ·

AWESOME STUNNING FABULOUS.Jy mag maar Franja..jy het n fantastiese stem en is pragtig ook..net die beste wens ek jou toe

Bolander ·

Ek is een van die grootste aanhangers van Juanita. En kan haar dogter ook sing!! En dan lyk hulle ook so vreeslik eenders. Hou so aan julle maak ons afrikaners so trots.

marianne ·

BRAVO!
Franja jy gaan Groot hoogtes be haal en het ‘n unieke styl en stem.
Feels geluk met ‘n pragtige lied.

JT ·

Dink nie sy sou iewers op “The Voice” gekom het nie. Jammer vir my eerlike kritiek.

Charlotte ·

Franja…….jy MAG maar!! Love jou mom se musiek vandat ek van haar gehoor het al…in Namibie…..en nou love ek jou mysiek ook….staan uit soos jou mom en VLIEG HOOG en WEES LIG !!!!!!

Petro Mare ·

Franja , jy mag maar sing. Pragtig stem en musiek. Jy gaan ook hoogtes bereik en dit ver bring in die musiek bedryf . .

Estelle Brand ·

WOW Baie Geluk Franja dit is sooo Pragtig.Jy het geleer by die Beste Leermeester ooit Jou Ma Juanita Julle het elkeen julle eie UNIEKE Styl en is altyd so lekker om na joule musiek te luister N Baie groot Ondersteuner. Sterkte met die Skryf en Baie dankie vir julle pragtige musiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.