[Video] Só sê Ghoema-wenners

Carike keuzenkamp en haar man, Olaus van Zyl. Foto: Adéle Changuion

Carike Keuzenkamp en haar man, Olaus van Zyl. Foto: Adéle Changuion

Die Ghoema Musiektoekennings, wat die bestes in die Afrikaanse musiekbedryf vereer, het gisteraand by die Johannesburg-teater plaasgevind.

Verskeie kunstenaars het die “bloutapyt” betree in die mooiste rokke en aandpakke, maar dit was Elvis Blue en Francois van Coke wat die kollig gesteel het. Dié twee kunstenaars het met altesaam 13 beeldjies weggestap. Francois het vyf Ghoemas ontvang:

  • Beste liedjie van die jaar met Karen Zoid
  • Digitale album van die jaar
  • Gewildste liedjie van die jaar met Karen Zoid – “Toe vind ek jou”
  • Beste alternatiewe album
  • Beste digitale liedjie van die jaar met Karen Zoid

“Ek is nou ʼn jaar besig met my solo-loopbaan – ek was heeltemal uit die veld geslaan. Dis vir my belangrik dat mense iets uit my musiek moet kry – en dit lyk of hulle het. Ek is baie bly daaroor asook oor dié toekenning. Ek voel baie geërd.” Francois het baie jong aanhangers en hy meen dié jonges moet altyd vir hulself dink. “Moenie alles glo wat normaal en die norm is nie,” sê Francois.

Elvis Blue, wat met agt beeldjies huis toe is, sê hy is so dankbaar. “Ek het net gehoop ek wen een, en om met agt weg te stap, is ’n groot voorreg. Ek is dankbaar teenoor almal wat my ondersteun. Ek maak musiek sodat iemand daarna moet luister – mense moet daarvan hou en dit geniet. Omdat die publiek gestem het, is dit seker die grootste kompliment vir my. Ek is weereens so dankbaar. Ek kan nog jare aanhou om musiek te maak.”

Elvis Blue is die wenner van die volgende kategorieë:

  • Liedjieskrywer van die jaar
  • Beste regstreekse DVD
  • Beste kontemporêre album (mans)
  • Musiekvideo van die jaar
  • Beste luitoon van die jaar
  • Manskunstenaar van die jaar
  • Album van die jaar

Sien die volledige lys van wenners hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

f ·

Jo maar die sangers se afrikaans se taal gebruik is swak skaam my .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.