Die Ghoema Musiektoekennings, wat die bestes in die Afrikaanse musiekbedryf vereer, het gisteraand by die Johannesburg-teater plaasgevind.
Verskeie kunstenaars het die “bloutapyt” betree in die mooiste rokke en aandpakke, maar dit was Elvis Blue en Francois van Coke wat die kollig gesteel het. Dié twee kunstenaars het met altesaam 13 beeldjies weggestap. Francois het vyf Ghoemas ontvang:
- Beste liedjie van die jaar met Karen Zoid
- Digitale album van die jaar
- Gewildste liedjie van die jaar met Karen Zoid – “Toe vind ek jou”
- Beste alternatiewe album
- Beste digitale liedjie van die jaar met Karen Zoid
“Ek is nou ʼn jaar besig met my solo-loopbaan – ek was heeltemal uit die veld geslaan. Dis vir my belangrik dat mense iets uit my musiek moet kry – en dit lyk of hulle het. Ek is baie bly daaroor asook oor dié toekenning. Ek voel baie geërd.” Francois het baie jong aanhangers en hy meen dié jonges moet altyd vir hulself dink. “Moenie alles glo wat normaal en die norm is nie,” sê Francois.
Elvis Blue, wat met agt beeldjies huis toe is, sê hy is so dankbaar. “Ek het net gehoop ek wen een, en om met agt weg te stap, is ’n groot voorreg. Ek is dankbaar teenoor almal wat my ondersteun. Ek maak musiek sodat iemand daarna moet luister – mense moet daarvan hou en dit geniet. Omdat die publiek gestem het, is dit seker die grootste kompliment vir my. Ek is weereens so dankbaar. Ek kan nog jare aanhou om musiek te maak.”
Elvis Blue is die wenner van die volgende kategorieë:
- Liedjieskrywer van die jaar
- Beste regstreekse DVD
- Beste kontemporêre album (mans)
- Musiekvideo van die jaar
- Beste luitoon van die jaar
- Manskunstenaar van die jaar
- Album van die jaar
Sien die volledige lys van wenners hier.
- Nicholis Louw en sy gesin. Foto: Adéle Changuion
- Andriëtte Norman en haar man, Glynn. Foto: Adéle Changuion
- Carike keuzenkamp en haar man, Olaus van Zyl. Foto: Adéle Changuion
- Nadia Beukes en haar verloofde, David de Villiers. Foto: Adéle Changuion
- Karlien Van Jaarsveld en metgesel. Foto: Adéle Changuion
- Joshua na die Reën. Foto: Adéle Changuion
- Sorina Erasmus en haar man, Braam. Foto: Adéle Changuion
- Joe Foster. Foto: Adéle Changuion
- Die groep “Saarkie” Foto: Adéle Changuion
- Theodore Jantjies en metgesel. Foto: Adéle Changuion
- Jennifer Zamudio. Foto: Adéle Changuion
- Elvis Blue en sy vrou, Chireze. Foto: Adéle Changuion
- Foto: Adéle Changuion
- Tobi Jooste en metgesel. Foto: Adéle Changuion
- Die groep “Witkasteel”. Foto: Adéle Changuion
- Ghapi en sy vrou. Foto: Adéle Changuion
- MoniQue. Foto: Adéle Changuion
- Wynand en Chereé. Foto: Adéle Changuion
- Willem Botha en Leah. Foto: Adéle Changuion
- Nadia Beukes en haar verloofde, David de Villiers. Foto: Adéle Changuion
- Snotkop en metgesel. Foto: Adéle Changuion
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Jo maar die sangers se afrikaans se taal gebruik is swak skaam my .