[Video] Springbokspeler se vrou ʼn treffer op ‘The Voice’

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Caroline Grace, vrou van die Springbokspeler Heinrich Brüssow, was Sondagaand in een van die sogenaamde blinde-oudisies op The Voice SA ʼn gunsteling en het haar plek in Bobby van Jaarsveld se span verseker.

Grace (28), ʼn prokureur, het aan die beoordelaars gesê sy het die hele ent van Osaka in Japan gevlieg om dié oudisie te kan aflê omdat sy en haar man daar woon. Brüssow het rugbyverpligtinge in Japan.

Sy het haar weergawe van Celine Dion se liedjie “Loved Me Back to Life” gesing.

“Jy is so ʼn klein vroutjie met só ʼn groot stem! Baie geluk dat jy só ʼn moeilike liedjie só suksesvol kon sing,” het Van Jaarsveld gesê.

The Voice SA word op Sondae om 17:30 op M-Net uitgesaai. ʼn Herhaling is Maandae om 18:00 ook op M-Net te sien.

Vir meer inligting besoek M-Net se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Snuffels ·

“Treffer”?
Ek sou nie so ver gaan nie…

Hou eerder vir Samantha van Kimberley af, dop!

J J DU PREEZ ·

Hoekom sit die beoordeelaars vir Bobby en kyk ? Hoekom wag hulle vir hom om te druk ? Hoekom druk hulle nie self nie ? Gekookte storie, die …

Swanna ·

Ek stem. Gaan kyk maar na die oorsee se Vioce ook. Dieselfde. Hierdie beoordeelaars is net gewone sangers en dit is waar dit stop.

Roseline van Wyk ·

Ook dieselfde gevoel gekry toe ek die insetsel kyk.

Toevallig ·

Julle het regtig gedink die is nie n gekookte storie nie? Hahaha! Alle “reality” shows is opgemaak, en voorafbeplan, en dit is heel toevallig dat n “bekende” se vrou direk deur gaan, en sy gaan ook net agv manlief.

Simone boshoff ·

Ek vind dit baie moeilik om jou opmerking telees, ek HET letwel vir die brussows gewerk by hul gastehuis en caroline het n baie groot passie vir sing ek weet dat sy dae lank oefin en so ook vir the voice baie ure ingesit het , moenie altyd oordeel oor haar MAN reeds bekend is vir n ander ding nie . Sies vir jou …. Gun ander ook n plekkie in die son , hoekom het jy nie daar gaan staan en sing nie , laasjaar hwt n vriend van my ook aan the voice deel geneem genaamd Almur . Hyt baie ver gekom sonder n bekende in die familie so wat nou ?

Maggie ·

Ek dink sy het absoluut verdien om deur te gaan.Sy het ‘n pragtige stem en het die lied foutloos gesing.

Toevallig ·

Ek sê nie sy kan nie sing nie, dis elke seisoen net te tevoellig dat daar n reeds beroemde se familie daar is

Boesman ·

Bobby geen my een ongelooflike pyn waar ek nie een wil hê nie…….!!! Sy arrogante houding is absoluut irriterend. Die manier hoe hy sy vuil skoene gebruik om die knop te druk en met sy voete op die stoel sit, dryf my tot raserny Hy is so vol van homself dis eintlik siek !!!

Alida ·

Dit gaan oor die Voice…. En sy het dit. Niks met haar man of looks te doen nie. Sy KAN sing. Dankie tog iemand het omgedraai.

Grotman ·

Mense, mense, mense! Julle ken seker die ou Volk liedjie Afrikaners is plesierig? Hulle was seker in die ou tyd maar julle klomp van vandag is ver van dit. Julle is moan gatte en sal eerder oor mekaar loop as om iets goed van n ander te se. Bly eerder stil as jy net gaan gal braak asb! Als is n klug vandag, nie net die Voice ens nie. Ek bly eerder in my grot en laat die wereld teen sy eie spoed verot! OK ek aanvaar my eie raad, ek sharap!!

Jakoban ·

Og maar van julle Suid Afrikaners is galbitter galpille. Negatief, fout vinderig, jaloers en gun ander niks. Arme Bobby van Jaarsveld word nou uitgehaal net omdat een persoon sy/haar maniertjies in almal se kele wil afdruk. Dit gaan regtig nie oor jou nie hoor. Niemand gee om waarvan jy hou of nie hou nie. Hoekom dit dan kyk is die man jou so irreteer.

Simone ·

Niemand gun mekaar meer niks nie, daar moet altyd n verskuilde agenda agter iemand se geluk wees, en dis nie regverdig nie.
My genade, as die vrou kan sing, kan sy sing, en eks seker sy sou steeds deur gegaan het al was haar man nie n beroemde rugby speler nie.

linda ·

dit was ‘n awesome audisie sy kan regtig maar wen vir my part!

en ek’t nuwe respek vir Bobby en sy sus gekry gaan kyk gerus hulle nuwe program as jy DSTV kan bekostig.

Videospeelnie ·

middag
weereens nog n video wat nie verder speel as die Chev advertensie nie. …. regtig frusterend en raadop.

Hein ·

Elke sanger het n spesifieke sterkpunt of sangstyl /kategorie waarin hulle baie goed is. Die beoordelaars hier en oorsee word dan ook gekies omdat hulle style so uiteenlopend is. Hulle “soek” die stemme wat by hulle afrigting sal baatvind en wat hulle voel hulle die beste van sal kan uitbring . Daarom die rede dat dit dit soms lyk of almal beindruk is maar almal draai nie om nie, net die beoordelaars/sangers by wie se afrigtingstyl die deelnemer sal pas. Soms is dit n stem wat elkeen van hulle laat voel hulle sal kan afrig en draai almal om, of die stem is so indrukwekkend dat hulle almal voel hulle sal wil probeer. Wanneer die beoordelaar omgedraai het, het hulle nie n keuse as die deelnemer hulle kies nie, Al het hulle ook baie gehou van die stem, daarom sal hulle soms nie omdraai nie. Hulle ken mekaar se afrigtingstyl/ genre en kan daarom weet watter een van hulle sal die beste n spesifieke stem kan afrig/verder vat. Hier val die sangeres in Bobby se spesifieke afrigtingstyl en daarom die ander vir hom gewag/gekyk het om te sien of hy sou wou omdraai, hulle was almal beindruk maar nie vir hulle eie kategorie nie. Caroline het n ongelooflike stem . Met die regte afrigting kan dit net beter word. Dis die doel van The Voice, om stemme met potensiaal te soek en af te rig tot so na as moontlik aan perfeksie, met die regte beoordelaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.