Video: Steve, Demi Lee bekoor met ‘Amanda’

'n Skermgreep uit die video.

‘n Skermgreep uit die video.

Steve Hofmeyr en Demi Lee Moore, wenner van VIA se werklikheidsprogram Die Kontrak, het Maandag die musiekvideo vir die country-lied, “Amanda”, op hul onderskeie Facebook-bladsye gedeel. Die video is reeds sowat 30 000 keer gedeel en meer as 340 000 keer gekyk.

Hofmeyr en Moore het die afgelope paar weke aanhangers geterg met foto’s waar hulle dié gewilde  country-lied, oorspronklik deur Don Williams, opneem vir Hofmeyr se splinternuwe album, The Country Collection.

Steve het dié foto op Facebook gedeel tydens die maak van die video. "My "Amanda"! Ons maak 'n video," het hy geskryf. (Foto: Facebook/Steve Hofmeyr)

Steve het dié foto op Facebook gedeel tydens die maak van die video. “My “Amanda”! Ons maak ‘n video,” het hy geskryf. (Foto: Facebook/Steve Hofmeyr)

Hy het onlangs in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel “Amanda” is een van sy gunstelingliedjies op sy nuwe album. “Toe staan ek daar by die ateljee rond en Demi Lee Moore van Die Kontrak stap verby en ek sê vir haar: ‘Kom doen gou vir my een, twee sinnetjies van Amanda [die country-lied]’. Nou kan ek nie ophou luister daarna nie.”

Moore het om die beurt aan Maroela Media gesê Die Kontrak het soveel deure vir haar oopgemaak. Sy het onder meer verwys na haar en haar mentor, Monique Steyn, se duet tydens Die Kontrak en haar opname saam met Hofmeyr.

“As dogtertjie het ek en my pa altyd saam na Steve geluister. My pa is oorlede toe ek nog baie jonk was en ek het altyd gesê ek sal saam met Steve sing. En toe gebeur dit verlede week … dis net ongelooflik.”

Die episode van Die Kontrak waartydens Moore as wenner aangekondig word, word Woensdag 28 November om 20:00 op VIA uitgesaai.

Een van die liedjies op die Country Collection, klink en lyk so. Amanda, gedoen deur myself en Die Kontrak-wenner, Demi-Lee Moore. Kom loer in by Afrikaans is Groot (as jy plek kan kry) of kom sien ons in Hartenbos.

Posted by Steve Hofmeyr on Monday, November 26, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Susan ·

Dit is asemrowend mooi. Baie geluk Demi-Lee met die wen en Steve met jou nuwe CD. Ek weet dit gaan net so groot sukses wees soos al jou ander albums.

Linda ·

Demi Lee sing pragtig. Maar daar is nou maar net nie nog ‘n stem soos Steve sin nie. Sy sing-stem en praat-stem is uniek, pragtig, besonders …. ‘n gawe!

Mooi Bly Maar Mooi! ·

Pragtig julle twee! Julle het sopas my dag gemaak! Dankie!

Cesca ·

Dis n song na my hart en dit kon nie beter gesing word nie!

Kannemandannie ·

Baie mooi. Steve is soos n kurkprop in water: hoe meer jy hom onderdruk hoe vinniger skiet hy boontoe. Amanda wys weer hoeveel talent nog ontgin moet word, hierdie mense is tops..

Charmaine ·

Dis die mooiste weergawe ooit! Seker al 100 keer geluister en elke keer kry ek hoendervleis!!

Pensioenaris ·

Ag nee man Steve, soos gewoonlik het jy my in trane. Een woord…PRAGTIG. Demi Lee sing net so mooi, sy gaan dit nog ver bring.

Cheryl ·

Awesome verby Steve en Demi – Hierdie vrou gaan dit nog ver bring

Liedie Odendaal ·

Mooiste Mooi!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! kan heeldag luister

gert Prinsloo (Pens-Lee) ·

Ongelooflik mooi ….. hulle mag maar!!!!

Amanda v.d Westhuizen ·

Ek’t van kindsbeen af, ‘n bekoring vir Steve se digkuns en stem…
My kêrel ht in Std. 6, “Amanda” vir my op ‘n orrel gespeel. Memories vn 35 jr later.
Hieri weergawe vat die koek en skielik is my naam weer vir my spesiaal!!!

Hentie Smit ·

Dis nie so mooi as wat julle dink nie, dis baie mooier.

Lynne ·

WOW! Fabulous! Dis hoe dit is, en dis hoe dit altyd sal wees, met Super Steve!! Always a Winner en ek sy grootste fan!!

Nog 'n Amanda ·

Verruklik mooi! Beste weergawe van die mooiste liedjie; maar ek is glad nie objektief nie want dit is my naam ook.?

Herman P ·

Hoe luister mens die lied sonder om deur bakkiesboek te gaan?

LB S ·

BAKGAT! En nie EEN negatiewe kommentaar oor onse Steve nie. Wonderlik!

Louis, Sarah Theron: Bloem. ·

Skitterend soos altyd! Nog die beste ooit! Baie geluk julle twee! Mooiloop!

Caroline ·

Amanda gaan NOOIT weer dieselfde klink nie. Dit is absoluut PRAGTIG!!

Amanda aanhanger ·

Van klein dogtertjie dae is country my tipe musiek, met Amanda een van my groot gunstelinge. En vir Steve se musiek het ek nog altyd n sagte plekkie gehad. Die kombinasie is dus onvoorwaarlik n wenresep in my oë.

KarinB ·

‘n Wen-kombinasie. Hoop ons hoor dié twee puik kunstenaars nog baie saam.

Ella ·

Wow wow wow!!! Ek is hoendervleis tot in my siel!! Dis fantasties!! Hier kom ‘n nuwe duet CD!! Well done julle twee!!

Derick ·

Kyk Steve mag maar sing. Daai blond by hom sjoe Steve jy het ook al die geluk in die wereld. ??

Derick ·

Karlien jy is die laaste een wat kan praat.
Ons almal woon in huise van glas.
Hoop jy ken daai liedjie

sus ·

Haar stem komplimenteer syne … hoop ons hoor nog songs van dié twee saam!

lolla ·

STUNNING!!…. baie mooi lied en baie mooi gesing…. steve is ‘evergreen’…. en Demi het n pragtige stem….

Amanda ·

Absoluut wonderbaarlik hoendervleis mooi- my en my dad se absolute favourite liedjie van all decades. Dankie julle twee julle sing fantasties saam – en Steve jy is nog altyd my hero en nou nog meer…..

Nog 'n Amanda ·

Dankie vir my nuwe “ringtone”, dis pragtig! Nou kan ek Steve se awesome stem hoor elke keer wat my foon lui :-) Die lied hou vir my baie kosbare herinneringe. Het selfs my troue se dansbaan op die oorspronklike weergawe geopen, 26 jaar gelede.

AmandaW ·

Goeie verwerking van ‘n 1973 liedjie. Meisie met die sielvolle stem.

Sean ·

Hoop Steve sing so in die parlement sodra hy ons leier word YSTER YSTER YSTER

Ruby ·

WOW!!!

Dit is absoluut stunning! Die een probeer nie die ander oordonder nie.

Ek het lanklaas iets so pragtig gehoor.

Neem asb nog liedjies saam op!!!!!!!!!!

Francois de Villiers ·

Stunning Stunning julle altwee!!!! Beter as die orginal!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.