Video: Steve Hofmeyr deel nóg goeie nuus

Steve Hofmeyr (Foto: Clinton Lubbe)

In Oktober vanjaar het die Afrikaans is Groot-bestuur die sanger Steve Hofmeyr met ʼn toekenning vereer nadat sy jongste album goue status behaal het nog voor dit in winkels beskikbaar was. Nou – net een maand later – het dié album platinumverkope (30 000) behaal.

Hofmeyr het dié “verrassingsaankondiging”, soos hy daarna verwys, Dinsdag met aanhangers op sosiale media gedeel.

“Hehaaa! My CD, Skree, is platinum. Die mees geboikotte wit man in Afrika gaan nou ʼn vroegmôredop skink op elkeen wat hom aangeskaf het,” het hy op Twitter geskryf.

Volgens ʼn inskrywing van Afrikaans is Groot gaan dié album binnekort met dubbelplatinumstatus (60 000 albumverkope) spog.

Hofmeyr het vroeër aan Maroela Media vertel hy “is werklik dankbaar” vir die album se goeie verkope. “Daar’s ’n mooi verwagting geskep vir die album, maar dit is ook die eerste keer in vyf jaar dat ek weer bietjie komponeer en skryf aan 13 spiksplinternuwe oorspronklike lirieke,” het hy vertel.

Aanhangers is veral gaande oor die sanger se teatrale optrede by vanjaar se Afrikaans is Groot-konsertreeks. Tydens vanjaar se konsert “val” hy sowat 50 m met ʼn harnas na die verhoog voordat hy sy enkelsnit, “Feeslied”, sing.

“Ek is elke keer op my senuwees. My broek is droog, maar dit kan enige tyd verander. Die eerste vier konserte van Afrikaans is Groot was eenvoudig asembenemend. Ek het self nog nie so iets beleef nie,” het hy op Facebook laat hoor.

Die sanger is nog tot 3 Desember in dié konsertreeks te sien.

Hofmeyr se 11de boek, Die onaantasbares (The Untouchables), ʼn misdaadroman, is onlangs bekendgestel.

Okei. Dis nie meer 'n geheim nie. So lyk dit. Ek val (word eintlik gestoot) uit die dak uit sodra Feeslied begin. Dis so 50 meter hoog maar vir my voel dit soos 8000 voet bo seespieël. Ek is elke blerrie keer op my senuwees. My broek is droog maar dit kan enige tyd verander. Die eerste vier konserte van Afrikaans is Groot was eenvoudig asembenebend. Ek self het nog nooit so iets beleef nie.*Kyk, onse Boere maak mooi kênners. Geluk aan Demi-Leigh Nel-Peters, ons tweede Mej Heelal. (En dan was daar 'n paar Mej. Wêrelde. Onthou jy hulle?)*Op Twitter waarsku ek: "Cry the beloved country. When they blame our woes on the economy, you must know that a junk status downgrade – and an R11mil upgrade on state luxury vehicles – is a fatal combination."*En dan is daar voor die einde van dié week 'n verrassingsaankondiging…raai raai watter een:1) ek immigreer Ghana toe2) my cd SKREE is platinum3) Janine is swanger4) ek speel Shaka Zulu in die nuwe Kyknetreeks5) Demi-Leigh Nel-Peters is my dogter6) ek verhuis Mosselbaai toe

Posted by Steve Hofmeyr on Monday, November 27, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

maryann ·

Vat so katvis – Steve jy is die legend enige afrikaner se trots. Mal oor jou c.d. die wat dit nie het nie maak gou en kry hom dis asemrowend. Steve moet net nooit ophou sing nie asb. In hierdie donker tyd in SA is jy ‘n helder lig vir ons en kry ons weer hoop – Dankie

Nadine Knoetze ·

So bly, jy verdien dit. Jy mag maar. Een van ons beste Sangers.

Deloris ·

Dit wys jou net …. hy kom altyd net n “boom bang”…. keep going jou doring

Cathy ·

Jy bly maar ‘n yster, Steve! Jou talent (op talle vlakke) is onmiskenbaar. So ook die waardes waarvoor jy dapper genoeg is om op te staan, al is dit soms alleen. JY STAAN TEN MINSTE VIR DINGE WAT IETS WERD IS. Daarom dat jy steeds groot sukses behaal ten spyte van al die boikotte. Doen so hoort, asseblief! Jy is ‘n vars asem in ‘n verrotte wêreld.

nannie ·

Ag Susan gun die man sy plesiertjie. Daar is ander mense wat ook so vroeg n dop gooi maar omdat hy Steve Hofmeyr is dit n probleem. Dankie Steve iets om in my Kerskous te plaas.

Beeld ·

Ag ou koekie …dit is ‘n spesiale geleentheid. Dis gewoonlik julle wat maak of julle niks verkeerds doen nie, wat die meeste geraamtes in die kas het. Gooi met klippe as jy sonder sonde is. LOS DIE MAN UIT. Ons Afrikaners kan te gou kritiseer .. los ander mense uit .. !

Tessa ·

Steve vir President!!!!! laat die haters maar haat – ons is trots op jou Steve.

E ·

Geluk Steve!! Hou ons Afrikaans hoog!!

…… het net vir ‘n oomblik gedink hy word weer pa….. ;-)

bollie ·

Platinumstatus was altyd 50000 kopiee verkoop sover ek weet. Mense koop seker minder CD’s deesdae.

Christo ·

Beste kunstenaar in Suid Afrika. Lekker Steve. Dis Bakgat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.