Video: Steve, Jak sing saam

jak en steve

Steve Hofmeyr en Jak de Priester. (Foto: Verskaf)

Steve Hofmeyr en Jak de Priester, twee van Suid-Afrika se gewildste sangers, het kragte saamgesnoer om ’n liedjie, “Soen die reën”, op te neem.

Hoewel die opname reeds twee jaar gelede gedoen is, word dit nou vir die eerste keer amptelik aan radiostasies landswyd uitgereik.

De Priester en Hofmeyr se paaie het twee jaar gelede gekruis toe Hofmeyr ’n gas op die kykNET-program Reis na gister was. Dié program word deur De Priester aangebied. In elke episode reis hy saam met ’n bekende deur hulle grootwordjare.

Terwyl De Priester en Hofmeyr saam in die motor gery het, het hulle besluit om hierdie spesifieke snit van De Priester saam op te neem en dit dan in die uitsending van Hofmeyr se episode te gebruik.

“Die liedjie is geskryf en geïnspireer deur die kwesbaarheid om ’n man te wees in Suid-Afrika,” het De Priester luidens ʼn verklaring gesê. “Mans moet leiers wees in ’n land soos Suid-Afrika met baie onsekerhede, en soms is dit nodig om te besef wat regtig belangrik is. Soos familie en kinders en vriende.”

“Soen die reën” is ook beskikbaar op De Priester se jongste album, 15 jaar, wat in 2017 uitgereik is ter viering van sy 15 suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

lizl ·

Ek moet dit kry en luister …. Steve bly maar `n fantastiese sanger.

Mouma ·

Daarsy Steve, hou jouself met musiek besig, en los die politiek nou HELEMAL uit.

Justice ·

Steve bly altyd vermaak uit die boonste rakke ongeag waarmee hy vorendag kom – hetsy musiek of politiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.