[Video] Taylor Swift onttroon Adele met nuwe musiekvideo

Taylor Swift (Foto: Facebook)

Die Amerikaanse sangeres Taylor Swift se nuwe musiekvideo vir haar jongste enkelsnit, “Look what you made me do” het dié week internasionale rekords laat spat.

Dié musiekvideo is sedert sy vrystelling meer as 72 miljoen keer gekyk, met sowat 43 miljoen trefslae in die eerste 24 uur.

Dié musiekvideo is Sondagaand by die MTV Video Music-toekennings in Los Angeles bekendgestel en terselfdertyd op YouTube gedeel.

Adele se musiekvideo vir die trefferliedjie “Hello” het tot dusver die rekord gehou met 27,7 miljoen kykbeurte in die eerste 24 uur van vrystelling.

BBC berig dat Swift se sukses grotendeels te danke kan wees aan die omstredenheid van die “Look what you made me do”-musiekvideo.

Skermgreep uit “Look what you made me do”

In die video spot Swift met verskeie gebeure in haar persoonlike lewe waaroor sy al telkemale deur kritici oor die kole gehaal is. Die video verwys byvoorbeeld spottend na mediaberigte wat beweer Swift kan nie dans nie, al het sy volgens berigte self die dans in die video uitgewerk.

Die video reageer onder meer ook op haar verhouding met die media en ander bekendes wat haar “geldgierig”, ʼn “cat-lady” en ʼn “slang” noem.

Van die lirieke verwys glo na Kanye West, Tom Hiddleston, Katy Perry en Kim Kardashian.

Aanhangers van Swift het die sangeres veral geprys daarvoor dat sy haar eie wanvoorstellings aanraak.

Joseph Kahn, die regisseur van die musiekvideo, het intussen aanhangers op sosiale media bedank vir hul positiewe reaksie op die video. “Julle is almal wonderlik,” het hy laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alicia ·

Ag nee wat. Terleurstellend, Weet nie waaroor gaan die groot bohaai nie……

Hannah ·

Terwyl ek hierna kyk wonder ek oor myself…wat is fout met my dat hierdie video my walg…tot ek die bostaande kommentaar sien. Die invloed wat hierdie sogenaamde sangers het is skrikwekkend.

Peeter ·

FANTASTIESE video! Goeie werk, ek hoop julle bring meer van dié uit!

Lousie ·

Ek stem @Peeter, die lot suurknolle wat sê dis boos en en en is duidelik blind, en verstaan nie die kunste nie. Dié is boos, maar hulle afrikaanse “helde” steve, joost ens, drugs, buiteeglike kinders ens ens is okay. GREAT JOB TAY TAY!

Jaco ·

Ek stem 100% saam met jou! Ek dink Suid Afrikaners se probleem is dat hul die onbekende (oorspronklik, nuut anders) verwerp. Die rede hoekom hul van die SA helde hou is dat die SA helde onoorspronklik is en als “copy cat” wat reeds bestaan, dus is hul gemaklik daarmee. Taylor swift aan die ander kant is oorspronlik en ek hou baie daarvan! :-)

Rentia ·

Dis ‘n awesome video. Puik gedoen. Eks inteendeel glad nie ‘n aanhanger van haar nie. Maar wel gedaan met die come back.

Chantelle Connoway ·

dit is nou n klomp snert om die minste te se
wat probeer sy bereik met dit, dit is van die duiwel

Susan ·

Awesome come back. Sy wys weer eens hoeveel talent in haar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.