“Kersfees is ’n tyd van gee en nie neem nie,” sê Leon Gropp, die een helfte van die talentvolle kitaarduo, CH2. “Al wat jy dié feesseisoen moet neem, is foto’s,” spot hy. Sy hond, Lila Jones, stem met hom saam.
Corneille Hutten-Burger, die ander helfte van die groep, skerts dat mense wat altyd vir hom gemmerkoekies koop, dit nie vanjaar moet doen nie, want “my vrou is ʼn koekie-freak en ek sien nooit die koekies nie.”
Buiten twee Sama-toekennings vir beste instrumentele album het die duo ook met die toekenning in die kategorie vir beste flamenco/klassieke kitaargroep in die Lee Ritenour Six String Theory International Guitar-kompetisie weggeloop.
Al jou gunsteling Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tussen 1 en 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!