[Video] TBF: Familie is tydens feesseisoen só belangrik, sê Jak

jak-de-priester-fb.jpg

Jak de Priester. Foto: Facebook

Jak de Priester is nie net ʼn sanger, skrywer en akteur nie, maar hy is ook ʼn groot gesinsman. “Kerstyd is die tyd wat jy by jou familie moet wees waar almal vir mekaar sê ons het mekaar lief,” vertel Jak.

“Ek het drie klein kindertjies,” vertel hy. “Ek dink hulle is nou nog bietjie klein om die regte rede vir Kersfees aan hulle te verduidelik; hulle sien nou net geskenke!” lag hy.

Jak het bekendheid verwerf met sy treffer “Sally Williams Nougat” en het sedertdien agt albums, verskeie verhoogproduksies en ʼn koffietafelboek op sy kerfstok.

Al jou gunsteling Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tussen 1 en 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansie Geldenhuys ·

Kersboodskap van ons mense wat ons gedurende die jaar net op ‘n verhoog te siene kry, is ‘n groot idee. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.