[Video] TBF: ‘Merrie Krismis, my tjomma,’ sê Sorina en die Flooze

SORINA-3.

Sorina Erasmus, ook bekend as Die Flooze. Foto: sorina.co.za

“My Kerswens vir jou hierdie Kersfees is dat jou Kerskous vol goedheid, guns en gesondheid sal wees,” sê Sorina Erasmus, sangeres en aktrise.

Sy het haar alter ego, die Flooze, ook saamgebring om ʼn Kersstaaltjie te vertel. Sy vertel geesdriftig van haar kêrel wat een Kersfees vir haar ʼn angelier met ʼn liggie in gekoop het. “Die batteries kry ek Valentynsdag,” sê sy opgewonde.

Sorina vermaak Suid-Afrikaanse gehore al sedert sy 10 jaar gelede vir die eerste keer in die sepie 7de Laan ʼn draai op die kassie gemaak het as die “kommin” Flooze, wat vir Paula ʼn vuishou moes gee.

Haar jongste album, Hoofletters, is nou op die rakke.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Klik gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.