[Video] TBF: ‘ʼn Groen Kersfees met natuurklanke,’ vra Ilse

Ilse-Roos

Ilse Roos. Foto: environ.co.za

“ʼn Groen Kersfees. Dís wat ek wil hê, vir almal van ons.” So sê aktrise en sangeres Ilse Roos. “Met heerlike kos, heilige wyn en natuurklanke.”

“Kom ons gee iets terug vir Moeder Natuur,” sê sy opgewek. “Kom ons herwin alles onder die son; kom ons fokus op water – dís ons goud in hierdie land.”

Ilse is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf nie. Sy is ʼn veteraan-aktrise met karakters soos Elna le Roux in die destydse televisiereeks Agter elke man, Lynette Strydom in die sepie Egoli: plek van goud, en ook meer onlangs Arista in Wolwedans in die skemer agter haar naam.

Sy het ook haar stem ten toon gestel in die kykNET-reeks Amalia en ʼn album getiteld Blou Kafee uitgereik.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Klik gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elsa Verhoef ·

Dankie vir die gesindheid waarmee julle nuus aanbied. Geseënde Kersfees en baie positiewe gebeure vir die nuwe jaar om oor verslag te doen.

Danie Kok ·

‘n Groen Kersfees? Heilige wyn? Natuurklanke? Geen Christus? Geen dankbaarheid aan ons Saligmaker? Aanbidding van “moeder Natuur” klink vir my is die eintlike wens van hierdie aktrise vir Kersfees. Ons volk moet terugdraai na Jesus Christus toe met opregte, berouvolle harte oor ons van Hom vergeet het. Soek eers die koninkryk van God, en die res sal jou toegevoeg word – kom ons soek Christus hierdie Kersfees, nie “heerlike kos, heilige wyn en natuurklanke” nie…

Oompie Kedoompie ·

Ook bekend as Paganisme (heidendom) – ‘n antieke tradisie wat die mens verbind tot die aarde as primêre lewensbron. Sien ook “Wicca” heksery vir meer inligting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.