[Video] Twee vriende van SA se weergawe van ‘Hallelujah’ beïndruk

‘n Skermskoot uit die video

Nadat video’s van die internetsterre Sais du Plooy en Lee Berg se sangtalent soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het, het dié twee mans nou saamgespan om hul weergawe van die gewilde Leonard Cohen-liedjie “Hallelujah” óók op video vas te vang.

Du Plooy het vroeër vanjaar opslae gemaak met ’n video waarin hy mense aanspoor om’n meer positiewe houding teenoor Suid-Afrika in te neem.

“Suid-Afrika is deur ʼn paar donker weke die afgelope tyd. Ek het gisteraand by ’n rugbywedstryd egter ʼn ander sy van die land gesien. Die gees wat daar geheers het was ongelooflik. Die land het soveel potensiaal, ons almal moet dit ’n beter plek probeer maak,” het hy in dié video op YouTube gesê.

Du Plooy se weergawe van die volkslied, “Nkosi Sikelel’ iAfrika”, het verseker dat sy video bykans 15 000 keer gekyk is.

“Die begin van ’n beter Suid-Afrika is vriendskappe. Mense moet uit hul boksies en gemaksones klim en hul harte oopmaak vir mense van ander agtergronde en kulture. Ons moet almal saamstaan,” het hy tydens ʼn onderhoud aan Kriya Gangiah op JacarandaFM gesê.

’n Video van Berg het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei nadat hy spontaan agter die klavier ingeskuif het met sy weergawe van Simon and Garfunkel se liedjie “Sound of Silence” terwyl hy aan ’n nuwe musiekprojek vir Du Plooy gewerk het.

Nou het dié twee sangers saamgespan om vir ’n derde keer die internet aan die brand te hê – dié keer met “Hallelujah”.

Die musiekvideo vir dié liedjie is al duisende kere op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Therinavdw ·

Dis regtig ‘n verskriklike mooi weergawe van hierdie liedjie!

Dovaz ·

Excellent!!! Bravo!!! Well done!! Hoop Jul kom ver met jul sang ouens!!!

Gogga ·

Wow!!! julle twee julle het so pas my dag gemaak wat baie moeilik was voel sommer beter na hierdie song. Dit was amazing ‘n baie goeie weergawe van die welbekende liedjie. Hoop daar gaan nog vele van dit wees en gaan net vorentoe in die musiek bedryf.!!!

Amanda Owen ·

‘n Pragtige weergawe van “Hallelujah” Julle 2 KAN sing!!! Hoop om meer van julle te hoor!! Bid ook dat meer mense die positiewe denke sal hê wat julle het oor ons pragtige land

Lara ·

Wow … hoendervleis kry ek nou … pragtig. ‘n Ou gunsteling van my – wel gedaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.