Video: US-koor sing ‘Jerusalema’

Skermgreep uit die video

Die Universiteit van Stellenbosch (US) se koor het die afgelope paar dae opslae gemaak met sy weergawe van die trefferliedjie “Jerusalema” en ʼn uitvoering van “Never enough” uit die rolprent The Greatest Showman.

“Jerusalema” se video het reeds byna 85 000 kykbeurte op YouTube gekry, terwyl “Never enough” net meer as 40 000 keer gekyk is. Die video’s, wat op 11 Oktober bekendgestel is, het ook op ander sosialemediaplatforms soos ʼn veldbrand versprei.

Albei liedjies is deel van ʼn nuwe repertoire wat spesiaal vir die US Woordfees verfilm is. Dié fees is vanjaar op Suid-Afrika se eerste opwip-TV-kanaal uitgesaai en die uitvoering is by die Oude Libertas Amfiteater in Stellenbosch opgeneem.

Maroela Media het vroeër berig dat die Suid-Afrikaanse kunstenaar Master KG ʼn wêreldwye dansery aan die gang gesit het met “Jerusalema”. Die oorspronklike musiekvideo is reeds meer as 450 miljoen keer op YouTube gekyk.

Kyk hier na die musiekvideo’s:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pieterweskaap ·

Puik soos gewoonlik onder André se meesterlike leiding!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.