Video: Van Coke Kartel: Bloed, sweet en trane

Van Coke Kartel Foto: Jaco S Venter

Van Coke Kartel Foto: Jaco S Venter

Van Coke Kartel haal hulle groot gewere uit met die bekendstelling van hul vyfde album, Bloed, Sweet & Trane op Vrydag, 4 Oktober. Die groep het aan hierdie album begin werk kort na die vrystelling van die hoogaangeskrewe album, Wie’s Bang, in November 2011.

Bloed, Sweet & Trane vat Van Coke Kartel se befaamde energie goed vas. Hulle klank bly diep gewortel in rock ‘n roll, maar skuur aan progressiewe en punk rock. Die beroemde vervaardiger, Theo Crous van Bellville Studios, was weer die groep se eerste keuse om die album op te neem.

Van Coke Kartel stel vandag die eerste musiekvideo van Bloed, Sweet & Trane bekend – Môregloed (die video volg onderaan die berig.)

Die groep het saamgespan met hul ou vriend en regiseur van Fokofpolisiekar se musiekvideos, Johan Nel, om Môregloed te verfilm tydens Van Coke Kartel se Afrikaans Verower Harte Toer in Holland en Berlyn gedurende Junie 2013.

Môregloed sal binnekort op iTunes te koop wees en die hele album Bloed, Sweet & Trane sal vooraf bestel kan word.

Vanaf 30 September kan aanhangers na vyf liedjies luister vanaf Bloed, Sweet & Trane – eksklusief op Simfy Africa. Dit is ‘n week voordat die album vrygestel word in musiekwinkels landwyd.

Dié liedjeis is van 30 September hier beskikbaar.

Jy kan Van Coke Kartel hier sien:
27 September: Wie’s Baden, Bloemfontein
28 September: Mystic Boer, Potchefstroom
4 Oktober: Live, The Venue, Durban
5 Oktober: Red Door, Pietermaritzburg
8 Oktober: Café Barcelona, Elardus Park
9 Oktober: Barnyard, Vereeniging
10 Oktober: Rockabillies, Edenvale
11 Oktober: Town Hall, Johannesburg
12 Oktober: Arcade Empire, Pretoria
18 Oktober: Mecury Live, Cape Town
19 Oktober: Klein Libertas Teater, Stellenbosch
25 Oktober: Stones Boksburg
26 Oktober: Rhapsody’s, Centurion

SKAKELS:
Webtuiste
Facebook
Twitter
Musiekvideos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.