Video: Wat jy nié van Juanita geweet het nie

Juanita du Plessis (Foto: Facebook)

In haar 20 jaar in die musiekbedryf is daar weinig wat aanhangers nié reeds van die sangeres Juanita du Plessis weet nie.

Nou deel die sangeres in ʼn onderhoud met Maroela Media dié brokkies wat selfs diegene wat al 5 000 keer haar konserte bygewoon het, nié weet nie.

Juanita vertel sy vier dié jaar twee dekades in die musiekbedryf met ʼn splinternuwe album vol treffers, 20 jaar: Treffers van 2008 – 2018. Die album bevat drie nuwe snitte waaronder “Dankie vir jou liefde” en “Gaan groot”.

In ʼn prettige video-onderhoud verklap die sangeres heelwat dinge wat aanhangers nié van haar weet nie: Wat maak haar bang? Waarvoor lag sy uit haar maag? En wat is daardie een gróót flater op die verhoog wat haar áltyd sal bybly?

Hou Maroela Media dop vir ʼn volledige ateljee-onderhoud met dié sangeres waarin sy meer vertel oor haar beginjare as jong sangeres in Namibië, die uitdagings wat sy vroeg in haar loopbaan beleef het en die pad wat sy gestap het van ʼn sangeres wat nét vir haar drie kinders gesing het tot Suid-Afrika se topverkoper van alle tye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet ·

What a lady! en daai dogter van jou gaan nog groot naam maak vir haarself!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.