[Video] Wees eerlik, sê Bouwer Bosch in nuwe enkelsnit

Bouwer Bosch se nuutste enkelsnit, "Hopelik" is onlangs uitgereik. Foto: Verskaf

Bouwer Bosch se nuutste enkelsnit, “Hopelik” is onlangs uitgereik. Foto: Verskaf

Die sanger en akteur Bouwer Bosch het onlangs sy jongste enkelsnit en musiekvideo, Hopelik, uitgereik.

Dié sanger het in 2011 sy eerste solo-album, Almal maak voute (sic), bekendgestel en het intussen ook naam gemaak as akteur in flieks soos Klein Karoo, Mooirivier, Strikdas en Pad na jou hart.

Bouwer vertel hy is opgewonde om dié nuwe musiek met aanhangers te deel. “‘Hopelik’ vertel ʼn storie van weerloosheid,” verduidelik hy. “In ’n verhouding, in my geval my huwelik, is groei van belang. Om weerloos te wees is belangrik vir jouself en die verhouding.”

Die sanger sê groei verg egter verskeie komponente en dis nie altyd maklik om te doen nie. “Eerlikheid maak seer en is een van die moeilikste goed in ʼn verhouding. Om jou hart altyd op jou mou te dra, is moeiliker as wat ʼn mens dink. ‘Hopelik’ is ʼn lied wat my uitdaag om weerloser te wees binne my eie huwelik en my verhouding met die mense om my.”

Hy is ook ʼn kranige rolprentmaker en het in 2015 die toekenning vir beste kortprent op die kykNET-Silwerskermfees gewen vir sy fliek Vuil wasgoed. Hy is ook sedert 2015 mede-aanbieder van Flits, ʼn aktualiteitsprogram op kykNET.

“Hopelik” is geskryf deur Bouwer, Peach van Pletzen en Matthieu Auriacombe.

Besoek Bouwer Bosch se Facebook-blad of webwerf.

Kyk die musiekvideo vir “Hopelik”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.