[Video] Wit Kasteel bou meer as net lugkastele

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

Wit Kasteel is ʼn rockgroep van Pretoria met ʼn passie vir musiek. Dié groep se lede, Waldemar Behr, Clemond Dartnall and Reinard Kruger, sê hoewel elkeen van hulle ʼn eie agtergrond in musiek het, werk hulle baie goed saam as ʼn groep. Hulle sê ook Wit Kasteel het ʼn unieke klank en dat jy nie hul musiek in ʼn spesifieke boksie moet plaas nie.

Clemond sê mense is geneig om rockgroepe oor dieselfde kam te skeer, maar dat hulle hul musiek baie ernstig opneem. “Ons rook, drink of vloek nie wanneer ons optree nie, want dis ons werk.”

Wit Kasteel het ʼn draai by Maroela Media kom maak. Kyk gerus na die video om te sien watter raad dié groep vir jongmense het wat ook ʼn musiekgroep wil begin.

Besoek gerus Wit Kasteel se webblad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.