Video wys ‘wie Juanita en haar kinders is’

Franja, Juanita en Ruan (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Kort nadat die gewilde Du Plessis-familie verlede week die nuus oor hul eerste samewerkingsalbum bekend gemaak het, is die amptelike musiekvideo vir hul enkelsnit “Meer as net ʼn melodie” Dinsdag uitgereik.

Dié album, wat Kaalvoetkinders heet, is ook Dinsdag amptelik uitgereik.

Die sangers Ruan Josh en Franja du Plessis en hul ma, die sangeres Juanita du Plessis, het verlede week gesê Kaalvoetkinders is “op groot aandrang van aanhangers” vervaardig.

Juanita het op Facebook gesê dié liedjie sal aanhangers herinner aan hoe kosbaar ʼn gesin is – veral oor die feestyd. “Ek is so opgewonde om hierdie nuwe musiekvideo met julle almal te deel!” het sy geskryf. “In hierdie feestyd besef ʼn mens opnuut hoe kosbaar jou gesin, familie en geliefdes is. Saam is ons een en sterker as enige storms in die lewe. Ons deel hierdie met baie liefde en trots met julle. Dis wie ons is, net gewone ‘kaalvoetkinders’ met meer as net ʼn melodie in ons harte.”

Franja, wat “Meer as net ʼn melodie” saam met haar ma geskryf het”, sê dié liedjie bied ʼn persoonlike blik op hul gesin en wys ʼn outentieke deel van hulself.

“outentieke deel van hulself.n en wys mhart want dit sê en wys presies wie ons is. Wat ʼn voorreg om ons passie saam te kan uitleef,” het Franja op Facebook geskryf. “[Die musiekvideo] is spesiaal vir die feestyd [wanneer] ons saam met ons geliefdes is. Ek hoop julle hou daarvan.”

Die musiekvideo is sedert sy uitreiking Dinsdag al meer as 14 000 keer op YouTube gekyk.

Vir meer inligting oor hul album, besoek Ruan JoshFranja du Plessis en Juanita du Plessis se Facebook-blaaie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.