Vier fees met ʼn musikale Kersfees-ondervinding

Die Wit Kersfees Wonderland-geleentheid wil Kersfees op ʼn musikale manier vier deur ʼn Europese Kersfees na Suid-Afrika bring.

By dié geleentheid sal The Capital Chamber Orchestra en Armonia Theatre Chorus onder leiding van Schalk van der Merwe, met gaskunstenaars Helena Ceronio en Henry van Dyk, vir die allermooiste Europese Kersmusiek sorg.

Schalk van der Merwe het op die ouderdom van 23 reeds sy eie volle opera, Mozart’s Magical Flute, dirigeer. Ander operas wat hy dirigeer het, sluit in Madama Butterfly, Carmen, Bastien und Bastienne, Amahl and the Night Visitors, Die Fledermaus, en Eine Nacht in Venedig.

Schalk se visie is om orkeste van verskillende gemeenskappe bymekaar te bring om die standaard van klassieke musiek in Suid-Afrika te verhoog.

Wit Kersfees Wonderland vind op 25 November by Rietvlei‑gesinskerk plaas. Vir meer inligting besoek die Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LATIE ·

lees jeremia 10:1-5 waar die bewyse kersfees dit die afgod word wakker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.