‘Vir die een wat geval het’ – Len Muller

Len-Muller

Len Muller. Foto: Facebook.

Die talentvolle sanger-liedjieskrywer Len Muller se nuwe video is die afgelope week bekendgestel.

Dié video het ’n dramatiese trant met ’n geestelike ondertoon en dra die boodskap oor dat daar vir jou ’n tweede kans in die lewe gegun word.

Boonop is dié video ook ʼn direkte waarskuwing teen die gewoonte om selfoontekste te tik terwyl ʼn mens bestuur. In die video skep Len bewustheid oor dié saak en stel hy dit gelyk aan dronkbestuur.

Dis gewis sover een van die beste video’s van 2016. As meevaller vir aanhangers vertolk sy goeie vriend, Joshua na die Reën, in dié video die rol van die paramedikus wat sy lewe red en hom ’n tweede kans gee.

In Len se woorde: “Ek het gevoel ek wil die lied se sterk boodskap koppel aan iets wat ’n verskil in mense se lewe kan maak. Dit het my laat dink dat om op jou selfoon te tik en te bestuur net so sleg soos dronkbestuur is, omdat dit nie net jou eie lewe in gevaar stel nie, maar ook dié van ander mense op die pad.

“Ek is vreeslik skuldig daaraan, maar die lied gaan oor tweede kanse en in die musiekvideo probeer ons dit ook so uitbeeld.”

Die lied is beskikbaar op Len se album Doodgewone avontuur wat reeds in 2015 uitgereik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.