VirAnder, Bernice West blom op Top-20

Bernice West, die jong sangeres wat in 2019 as naaswenner van die kykNET-talentsoekprogram Maak my famous aangewys is, betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 15de posisie met haar debuutenkelsnit, “Sonop-blom”.

West het ook onlangs ʼn kontrak met Inhoud Huis gesluit. Inhoud Huis verteenwoordig A-lys-sangers soos Jo Black, Appel, Roan Ash, Leah en Robbie Wessels. West is ook te sien in kykNET se musiekvideo vir die liedjie “Ons is familie”. Dié musiekvideo is gemaak ter viering van kykNET se 20 jaar van vermaak.

Die groep VirAnder betree die Top-20 in die 18de plek met “Sing ʼn Hallelujah”. Dit is ʼn vertaalde weergawe van die Amerikaanse groep Bethel Music se “Raise a Hallelujah”. Die enkelsnit, wat in 2019 uitgereik is, was die afgelope week onder die top-20 afgelaaide liedjies op iTunes.

Elandré neem vandeesweek die no. 1-posisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg en agt wat daal, twee wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat hul toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  2. Appel – “’Nonna”
  3. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  4. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  5. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  6. Riana Nel – “Ewigheid”
  7. Bok van Blerk – “Een”
  8. Kurt Darren – “Party tyd”
  9. Juanita du Plessis – “Dis tyd”
  10. Francois van Coke – “’As ek kon”
  11. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  12. Refentse – “’What a boytjie”
  13. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  14. Biggy – “Dames”
  15. Bernice West – “Sonop-blom”
  16. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  17. Laudo – “Ek kan nie wag”
  18. VirAnder – “Sing ʼn Hallelujah”
  19. Riana Nel – “Sterker”
  20. Spoegwolf – “Seile”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronel ·

Trots op jou Bernice, ek bid dat hierdie net die baba treetjies van jou journey is :-)

VannieBaai ·

Ek voel nogsteeds die meisie moes die “Maak my Famous” wenner gewees het. Maar, nou het sy nie meer daardie status nodig nie!!!! Pragtig Bernice!!!! Jy gaan nog baie van jou laat hoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.