Voortrekkers vier 85 jaar met feeslied

voortrekker-beweging

Die Voortrekker Beweging vier vanjaar sy 85ste bestaansjaar. Foto: Facebook.

Die Vootrekkerbeweging herdenk op 30 September sy ontstaan 85 jaar gelede.

Ter viering van dié geleentheid het die bekende sanger en televisieaanbieder Jak de Priester “Sporelied”, en het die volwasse lede van die Voortrekkers in die Transvaal-gebied dié lied tydens die jaarlikse Vorie-saamtrek, wat die afgelope naweek plaasgevind het, aangeleer.

Dié lied gaan ook by verskeie feeste wat gereël word om hierdie mylpaal in die geskiedenis van die Voortrekkers te vier, gebruik word en Jak sal die lied by geleenthede by onder die meer die Taalmonument in die Paarl, die Vrouemonument in Bloemfontein en die Voortrekkermonument in Pretoria sing.

Die feesviering begin op 6 Augustus met ʼn ossewatog wat van Kerkenberg en Retiefspas vertrek en bereik ʼn hoogtepunt by die Voortrekkermonument tydens die langnaweek in September.

“Sporelied” is beskikbaar op die CD Afrikaanse volksmusiek saam met Beeskraal en vriende wat in samewerking met die FAK uitgereik is en tans by musiekwinkels beskikbaar is. Dit sal ook binnekort op radiostasies landwyd gehoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Snot ·

Eenmaal ‘n Voortrekker, altyd ‘n Voortrekker.
Hou Koers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.