Vuurwarm danssnit kraai koning op Top-20

Leon Gropp. (Foto: Verskaf)

Leon Gropp, liedjieskrywer en musikant, voorheen van die kitaarduo CH2, het vandeesweek sy jongste enkelsnit bekendgestel.

“Swerwer” is ’n opvolg van sy vorige enkelsnit, “Bakenlig”, wat hy in 2018 bekendgestel het.

“Groei” is CheraLee se nuwe enkelsnit en vertel ’n nostalgiese storie van haar lewenspad as musikant om haar drome te verwesenlik.

CheraLee se pa se woorde aan haar as kind was “volg jou drome” en “moet jou nie steur aan wat mense sê nie” en dit het gedien as inspirasie vir dié lied.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Henri Alant se “Madelein” en Dirk Roeper se “Soos die maan”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Irene-Louise van Wyk. (Foto: Jorietha Rabie Photography)

Irene-Louise van Wyk laat die voete jeuk met haar jongste enkelsnit, “Tekkies brand”. Dié lied vaar veral goed op sosialemediaplatforms soos TikTok.

Appel se “Dina” daal dus vandeesweek een plek na die tweede posisie. Rooksein se “Damlelielief” kruip ook stadig nader aan die top-posisie en is vandeesweek in die derde plek.

Dirk van der Westhuizen se jongste enkelsnit, “Roekeloos”, maak vandeesweek sy buiging op die Top-20.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, nege wat daal, vier wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat die week se treffersparade betree.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Appel – “Dina”
  3. Rooksein – “Damlelielief”
  4. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  5. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  6. Bernice West – “Hemel op aarde”
  7. Appel – “Boerenooi”
  8. Riaan Benadé – “Spontaan”
  9. Bernice West – “Sonop-blom”
  10. Appel – “Hardwerkende man”
  11. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  12. Elandré – “Dag en nag”
  13. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  14. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
  15. Appel – “Hier sal jy boer”
  16. Brendan Peyper – “Op jou spoor”
  17. Bernice West – “Kom binne”
  18. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  19. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  20. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.