Vyf trots Afrikaanse musiekfeeste voor Julie

“Musiek by die Voortrekkermonument” deur Louw Steyn

Wat het ’n vlooimark in De Aar, grotte in Lothair, ’n nag onder die sterre in Oudtshoorn, ons buurland Namibië, en sewe verhoë in Mbombela in gemeen? Afrikaanse musiek, natuurlik! Al hierdie feeste gee Afrikaanse kunstenaars die kans om hul talent in ons Moedertaal uit te leef en gehore landswyd te bekoor. LekkeSlaap het na die 2018-feeskalender gaan loer en vertel jou graag waar jy oor die volgende paar maande ’n eg Afrikaanse kunstefees kan bywoon!

Karoofees

https://www.instagram.com/p/Bb4jjDflosc/?hl=en&taken-by=refentsemorake

Waar:
Hoërskool De Aar, Jupiterweg 1,
De Aar, Noord-Kaap
Wanneer:
15 tot 17 Maart 2018
Fooi:
Donderdag: Kinders, studente en pensioenarisse R10 en volwassenes R20.
Vrydag: Kinders R40 en volwassenes R110.
Saterdag: Kinders R40 en volwassenes R100.
Voertuie op die terrein: R10.

Waarna om uit te sien:
Karoofees ─ “ʼn fees wat pomp”. Die Karoofees word al ’n dekade lank in De Aar aangebied en die inwoners weet dat musiek en ’n vlooimark beslis hand-aan-hand gaan!
Kunstenaars:
Refentse, Fatman, Robbie Wessels, Marli van der Bijl en meer!
Kan jy glo?
De Aar is wêreldwyd bekend onder valskerm- en vlerksweefliefhebbbers! Wêreldrekords vir die verste afstand wat gesweef is, is al twee keer in De Aar gebreek! Dis die perfekte plek om valskermsweef van jou emmerskop-lysie af te merk.
Bly by dié lekke plekke naby die feesterrein:
Obrigado Guest House | Boutique Guesthouse Manor De Aar | Karoo Fountain Luxury Guesthouse | In Die Hoek Gastekamers | Con Amore Guesthouse | Hearts Haven

Mieliepop

Waar:
Tolderia Resort, 2351 Lothair, Mpumalanga
Wanneer:
21 tot 25 Maart 2018
Fooi:
R750

Waarna om uit te sien:
Mieliepop het wel ’n eg Afrikaanse naam, maar dié boetiekfees sluit nie net Afrikaanse musiek in nie! Daar is selfs ’n paar Afrikaanssprekende kunstenaars wat spog met Engelse “bands”. “Die Republiek van Mieliepop” bring ’n groot verskeidenheid musiek-genres na ses verhoë. Tolderia Resort het pragtige grotte, ’n meer en selfs chalets as feesgangers nie wil kamp nie.
Kunstenaars:
Klopjag, Die See, Boo!, Black Cat Bones, en meer!
Kan jy glo?
Lothair is die heel laaste stop op die spoorlyn vanaf Ermelo ─ so jy móét afklim!
Bly by dié lekke plekke naby die feesterrein:
Tolderia Resort | De Oude B&B

KKNK ─ Sterrenag

Waar:
KKNK-kuierbuurt op die Oudtshoorn Sportgronde (REC) en Vredestraat Sportterrein, Oudtshoorn, Klein Karoo, Wes-Kaap
Wanneer:  
2 April 2018 (KKNK is vanaf 29 Maart tot 4 April)
Fooi:
Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjie. Weekkaartjie R255 (slegs vooraf-verkope). Dagkaartjie R85.
Kinders van 14 jaar en jonger (met ouertoesig) R10 per dag.

Waarna om uit te sien:
Die KKNK het geen bekendstelling nodig nie, maar Sterrenag is ’n aand van “musiek met hart”. Ná ’n hele dag van rondloop kan feesgangers onder die hemelruim op ’n kampstoel of kombers kom ontspan. Afrikaanse musieksterre sing hul harte uit en bederf feesgangers met hul nuutste musiek en ou gunstelinge!
Kunstenaars:
Jay, Brendan Peyper, Willem Botha, Pieter Koen, Jan Bloukaas, Gerrie Pretorius, en meer!
Kan jy glo?
Oudtshoorn is alombekend as die Volstruis-hoofstad van die wêreld. In die 1800’s was volstruisvere Suid-Afrika se vierde grootste uitvoerproduk, so Oudtshoorn het floreer en groot huise is gebou! Vandag herinner dié groot huise, oftewel veerpaleise, aan vervloë dae. As jy nie van argitektuur hou nie sal een van die vele volstruisplase jou dalk nostalgies maak oor dié dorpie se verlede.
Bly by dié lekke plekke naby die feesterrein:
Queen’s Hotel | Rosa B&B | 101 Oudtshoorn Holiday Accommodation | Die Karookamer | Jakarandalaan | Karoo Bederf

Namib Musiekfees

Waar:
Wanderers/Affies-sportterrein in Windhoek, Namibië
Wanneer:
14 April 2018
Fooi:

Volwassenes R130. Skoliere R90.

Waarna om uit te sien:
Windhoek bied nou eers vir die tweede keer die Namib Musiekfees aan, maar hulle weet goed wie Suid-Afrika se top-musiekkunstenaars is en het ’n hele paar genooi om die verhoog met die Namibiese musiekkunstenaars te deel ─ twee lande, een verhoog!
Kunstenaars:
Theuns Jordaan, Leah en Namibiese sterre soos Vaughn Ahrens en George Longane.
Kan jy glo?
In 2006 het Windhoek gepoog om die Guinness-wêreldrekord vir die wêreld se grootste braai te breek. Ons raai nie aan dat jy dit probeer nie, maar ’n vleisie oor die kole ná ’n lang dag van musiek is dalk nét die ideale manier om die dag mee af te sluit!
Bly by dié lekke plekke naby die feesterrein:
Elegante Studio Woonstel, Golf Estate | Arebbusch Travel Lodge | Pioneers Self-catering | Okavango Guest House | Batteleur Self-catering | Merwe’s Inn

InniBos

Waar:
Bergvlam Skoolgronde, Geelhoutlaan, Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Wanneer:
27 tot 30 Junie 2018
Fooi:
R500 vir die volle tydperk, maar gouesirkel kaartjies moet addisioneel gekoop word.
Dagkaartjies wissel vanaf R120 tot R200.

Waarna om uit te sien:
Ongeveer 100 000 mense met ’n liefde vir Afrikaans en musiek woon jaarliks InniBos by! Dié kunstefees spog egter ook met teater, literatuur en dans. Hier is meer as genoeg plek vir rock- en pop-treffers!
Kunstenaars:
Bittereinder, Die Heuwels Fantasties, Francios van Coke, Emo Adams, Karen Zoid, Valiant Swart, Kurt Darren en Karlien van Jaarsveld.
Kan jy glo?
Die Laeveld Nasionale Botaniese Tuine net buite Mbombela bied die wêreld se eerste mensgemaakte reënwoud waar die Nels- en Krokodilrivier ontmoet. Daar is meer as 650 plantspesies, talle vyebome en selfs ’n kremetart. Feesgangers sal ’n dag langer moet bly om dit te beleef!
Bly by dié lekke plekke naby die feesterrein:
Delicious Monster | Harmony Guesthouse | Global Village Guest House | Harmony on Protea | Nelspruit Lodge | Ingwe Gastehuis

Of jy nou van rockmusiek, sokkietreffers of goue oues hou ─ dié feeste bied beslis iets vir jou! Dis ook ’n goeie idee om meer as net ’n dag by ’n fees deur te bring, so loer gerus na al die verblyfopsies en bespreek vroegtydig oornagverblyf. Koop ook dadelik jou feeskaartjies, want dié trots Afrikaanse musiekfeeste vind nog voor die winter plaas!

Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Cea Swart.

“Musiek by die Voortrekkermonument” deur Louw Steyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.