Vyfde vertoning vir Afrikaans is Groot in Kaapstad

Jay tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

Jay tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

Nadat die kaartjies vir die vier Afrikaans is Groot-konserte wat in Maart in Kaapstad aangebied word in ʼn rekordtyd uitverkoop is, is ʼn vyfde konsert gereël en die kaartjies vir dié vertoning is nou beskikbaar vir aankope.

Die vyfde vertoning sal plaasvind op Donderdag 14 Maart om 19:30. Die kaartjies vir al die konserte op 15, 16 én 17 Maart is reeds uitverkoop.

“Ons is absoluut oorweldig met hoe vinnig die kaartjies uitverkoop is,” het Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die konsert, luidens ʼn mediaverklaring gesê.

“Nadat ons rekordverkope op die eerste dag bereik het, het ons ʼn vierde vertoning geopen, maar ons het nie gedink dat ons ʼn vyfde konsert sal moet byvoeg nie. Ons is dankbaar vir elke lojale ondersteuner wat kaartjies gekoop het en verheug dat ons ’n ekstra vertoning kan aanbied,” het hy gesê.

Refentse en Corlea Botha tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

Refentse en Corlea Botha tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

“Die kunstenaars is ook opgewonde en gelukkig kon almal darem hulle planne vir die Donderdagaand aanpas sodat dié vertoning kan plaasvind.”

Van Suid-Afrika se gunsteling- Afrikaanse kunstenaars, soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Jay, Riana Nel, Touch of Class, Tarryn Lamb, Dewald Wasserfall, Snotkop en Dirk van der Westhuizen, is almal saam op één verhoog te sien.

Boonop kan konsertgangers ook uitsien na optredes deur Demi Lee Moore, wenner van die VIA-werklikheidsreeks Die Kontrak, asook die naaswenner, Ivan Roux.

Dit is vanjaar die sesde keer dat Afrikaans is Groot in die Moederstad aangebied word.

Riana Nel tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

Riana Nel tydens Afrikaans is Groot. (Foto: Verskaf)

Afrikaans is Groot 2019 in Kaapstad vind plaas by die Grand West Casino Arena op Donderdag 14 Maart om 19:30, Vrydag 15 Maart om 19:30, Saterdag 16 Maart om 13:00 en 19:30, asook Sondag 17 Maart om 13:00.

Kaartjies is slegs by Computicket beskikbaar. Koop kaartjies aanlyn of by Shoprite/Checkers en House & Home-winkels. Wees waaksaam teen derde partye wat kaartjies aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ANNA ·

SOOO….PRAGTIG OM ONSE EIE KUNSTENAARS IN STYL,GRASIE EN WÊRELDKLAS FORMAAT TE SIEN OPTREE EN IETS OM OP TROTS AFRIKAANS TE WEES ?? met keur aangebied…
ps:vriendelike versoek: hou net asb die narre in g’strings en belaglike klere dáár WÉG wat so keurige geleentheid totaal ontsier en ñ bespotting vani afrikaner maak….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.