Wat is country-musiek?

Country musiekCountry-musiek is ’n gewilde musiekgenre met sy oorsprong in die 1920’s in die suidelike state van Amerika. Dit is ’n vermenging van ballades en opgewekte dansliedjies wat hoofsaaklik gespeel word deur ’n kitaar, viool, banjo en perkussie.

Hierdie oorsprong kan ook nog verder teruggevat word na Ierland. As ’n mens mooi na Ierse volksliedjies luister, kan jy duidelik die ooreenkoms hoor. Country het ook baie subgenres soos moderne country (modern country), tradisionele country (traditional country) en sogenaamde voëlvry-country (outlaw country), wat maar die hoofstroom is.

Modern country of country pop soos dit ook genoem word in Nashville, is op die voorgrond wat verkope aanbetref en mense soos Georgia Florida Line, Taylor Swift en Carrie Underwood slaan groot munt uit hierdie genre. Tog is baie van die hedendaagse modern country vir die country-puriste ’n pyn in die nek en dit word gekritiseer as afgewaterde pop.

Traditional country is die genre waarmee die meeste Suid-Afrikaners hulle sal kan vereenselwig en jy sal gewis in elke huishouding iewers ’n plaat van Don Williams, Charles Jacobie, Dolly Parton of Jim Reeves vind. Suid-Afrika het egter ook sy eie traditional country-sterre wat vandag nog baie aktief is, soos Clive Bruce, Lance James, Barbara Ray, Sally Vaughn, Jodie Wayne en Tommy Dell. Hierdie genre was voor modern country die topverkoper van alle musiekgenres in die wêreld. In Amerika verkoop country meer as enige ander musiekgenre.

Outlaw country is amper sinoniem met traditional country, maar dis hier waar die werklike oorspronklike standpuntmakers en legendes tot vandag toe nog ter sprake was. Johnny Cash, Waylon Jennings, Kris Kristofferson en Willie Nelson het met hulle aweregse rebelsheid die gesig van country verander. Hierdie manne, ook bekend as die Highwaymen, het teen die hoofstroom-musiekgenres van hulle tyd gerebelleer en ’n heeltemal nuwe gehoor en gevolg gekweek onder die publiek. Hulle musiek was eg, rou en op die man af en mense oor die hele wêreld hang hierdie ikone steeds aan. Die enigste oorlewendes van die vier is Kris Kristofferson en Willie Nelson wat steeds vandag in hul tagtigerjare optree.

Lank leef country-musiek en soos die spreekwoord lui: If it ain’t country, it ain’t music.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.