Wat rym met liefde- Andriëtte

Wat rym met liefdeSedert sy in 2007 die naaswenner van die Idols-kompetisie was, het Andriëtte haarself in die Afrikaanse musiekmark gevestig.

Haar vierdie album, Wat rym met liefde, is onlangs vrygestel, en dit is haar suksesvolste album tot nog toe. Die eerste snit vanaf die album, Sewe oseane, is deur Rudi Claase geskryf en is reeds ‘n groot treffer op ‘n aantal radiostasies.  Johan Oberholzer is seker een van die suksesvolste liedjieskrywers op die oomblik, en hy was verantwoordelik vir die titelsnit, wat eintlik al as ‘n enkelsnit radiolugtyd gekry het nog voordat die album vrygestel is. Val vir jou is ‘n pragtige snit wat ook deur Rudi Claase geskryf is, en die lae register waarin sy hiedie liedjie sing, klink baie goed.  Ja, gskryf deur Johan Oberholzer, is ‘n snit wat beslis die potensiaal het om ‘n treffer te word. Johan was ook verantwoordelik vir As een en een twee is, nog ‘n pragtige snit. Hoewel hierdie CD hoofsaaklik Afrikaans is, het Andriëtte ook een Engelse snit ingesluit, naamlik In love with you, wat ‘n treffer vir Dana Winner was.

Die derde treffersnit vanaf die album is Met ander woorde, ‘n komposisie van Vaughan en Nerine Gardiner. Dis maklik om te verstaan hoekom dit so gewild geword het; twee radiostasies het terselfdetyd twee verskillende liedjies vanaf die album begin speel en daarom behoort hierdie een nog lank radiolugtyd te kry en op verskillende trefferslyste te kry. Emil Struwig het Beter as die beste, nog ‘n moontlike treffer vanaf die album, geskryf. Dit is seker een van die heel beste snitte vanaf die album. Asof is nog ‘n goeie komposisie van Johan Oberholzer. Sy laaste bydrae op die album is Ons, wat ook ‘n treffer kan word. Andriëtte sing egter nie net ander liedjieskrywers se komposisies nie; sy het Sal jy my  onthou, saam met Helmut Meijer geskryf; dit is ‘n baie mooi snit wat effens rustiger as die meeste ander snitte op die album is.  Die laaste snit op die album, behalwe vir twee bonussnitte, is Vaughan en Nerine Gardiner se komposisie Welkom in my hart. Hier is nog ‘n snit met die potensiaal om ‘n treffer te word.  Die eerste bonussnit is Party dae, ‘n duet saam met Sarel Fourie. Sarel is niemand anders as Chris Chameleon nie; hy het hierdie verhoognaam gebruik vir die klankbaan van die rolprent Fanie Fourie’s lobola. Chris het hierdie snit geskryf, en dis jammer dat dit as’t ware weggesteek is op die CD. Die laaste snit is ‘n uitstekende akoestiese weergawe van Naopleon, ‘n komposisie van Steve Hofmeyr wat oorspronklik op haar deuutalbum voorgekom het. Hoewel dit ‘n nuwe opname is van ‘n liedjie wat sy reeds voorheen opgeneem het, is dit goed dat sy dit  weer ingesluit het.

Dis maklik om te verstaan hoekom hierdie album so suksesvol is; dit is sonder twyfel Andriëtte se beste album tot dusver en daar is baie snitte wat treffers kan word. Hierdie album verdien trouens om minstens platinumstatus vir algehele verkope te bereik!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.