Wen: Aanbiddingsaand van hoop saam met Retief Burger

Die geestelike sanger Retief Burger en sy orkes nooi Suid-Afrikaners om deel te wees van ʼn besonderse aanbiddingsaand van hoop.

Burger vertel hy het sowat ’n maand gelede die gevoel van dringendheid in sy hart beleef om mense met só ʼn aanbiddingsaand bymekaar te bring om saam te aanbid oor die dringende kwessies in die land wat almal raak.

Burger het toe op die ingewing van die oomblik besluit om só ʼn aanbiddingsaand op 21 Oktober by die Atterbury-teater in Pretoria te reël.

“Omdat ek so ʼn georganiseerde mens is wat gewoonlik ver vooruit beplan, was hierdie reëlings op die laaste nippertjie baie vreemd vir my. Maar die Here het van die staanspoor af voorsien. Al die liedjies was van die eerste week af aan my openbaar en al die reëlings tot dusver verloop seepglad.”

’n Opname van vyf splinternuwe aanbiddingsliedere uit Burger se pen gaan op dié aanbiddingsaand gemaak word en vroeg volgende jaar as ’n album uitgereik word. Dié liedjies word spesifiek vir die kerk en aanbidding geskryf.

“Ek het ’n dringendheid ervaar dat die Here liedjies vir ’n tyd soos hierdie en nou in ons land opgeneem wil hê, wat in gemeentes reg oor die land gesing kan word. Dit is liedjies wat gaan oor Sy oorwinning aan die kruis vir ons en dat daar vir ons hoop is,” vertel Burger.

Twee van dié nuwe aanbiddingsliedere is vertalings uit onderskeidelik Nederlands en Engels. Burger gaan ook een of twee van sy ou bekende aanbiddingsliedere sing.

“Ek wil met dié aanbiddingsaand mense bymekaar bring om saam in die teenwoordigheid van God te wees en saam te aanbid.”

Aand van Aanbidding saam met Retief Burger vind 21 Oktober om 19:00 by die Atterbury-teater in Pretoria plaas. Bespreek jou kaartjies hier.

WEN

Een gelukkige leser kan ‘n stel dubbelkaartjies wen na die Aand van Aanbidding saam met Retief Burger. Om vir die kompetisie in te skryf, voltooi die vorm onderaan die video. Die kompetisie sluit Woensdag 9 Oktober om middernag.

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.