[Wen] Aardklop: Tussen Sterre vanjaar op die verhoog

Tussen Sterre albumDie musiekgroep Tussen Sterre het onlangs sy debuutalbum, Kosmies, vrygestel.

Die groep, wat bestaan uit Johan van Dyk, Jan-Mattys van Lill en Martin Earle, tree vanjaar op by die Aardklop Nasionale Kunstefees-verhoë.

Die groep, wat al die musiek en lirieke vir die album self geskryf het, vertel die titel van die album, Kosmies, is spesifiek so uitgedink om te pas by die tema van die groep se naam. “Ons is Tussen Sterre, en wou by die tema hou. Ons het die tema ook deur die res van die album probeer behou,” vertel Johan.

Die hooftema en boodskap van die album is liefde, sê hulle. “Ons skryf oor verhoudings, gebroke harte, selfliefde en oor hoe jy jou medemens moet liefhê. Die hele boodskap is om liefde te gee en te ervaar,” sê Martin.

Tussen Sterre is vanjaar te sien tydens Aardklop op die volgende verhoë:

3 Oktober – kykNET-verhoog
4 Oktober – SAB-verhoog
5 Oktober – kykNET- en SAB-verhoog
6 Oktober – Impala

WEN: Vyf gelukkige lesers kan elk ʼn eksemplaar van Kosmies wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en jou antwoord na [email protected]. Vraag: Wat is die hooftema van die album? Die kompetisie sluit Donderdag 5 Oktober. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is nou gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre Olivier ·

So bly die talentvolle groep gaan by Potchefstroom optree .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.