Wen: ‘Afrique mon désir’ by die Fugard-teater

Die wêreldmusiekproduksie Afrique mon désir met Laurinda Hofmeyr en die Afrique mon désir-ensemble het gehore in Parys, Bordeaux, Poitiers en Angoulême gaande gehad tydens hul toer na Frankryk in Junie vanjaar.

Nou is daar goeie nuus vir Kaapse musiekliefhebbers: dié gewilde produksie sal in Oktober by die Fugard-teater in Kaapstad te sien wees vir vier eksklusiewe vertonings.

In Afrique mon désir, kombineer Hofmeyr, bekend as ʼn meester van toonsettings, tesame met haar ensemble musikante afkomstig van Kaapstad en Wes-Afrika, aansteeklike ritmes met die ryk digkuns van Franssprekende Afrika – vanaf Madagaskar tot Mauritanië, van Kameroen tot Kaapstad. Hulle ondersoek temas van verlange en verplasing en vind ʼn diep verbintenis met die Afrika‑kontinent. Diek Grobler se meusleurende animasiekuns maak dit ʼn oudiovisuele fees.

Vir regisseur David Kramer was Afrique mon désir ʼn unieke projek: “Ek het dit geniet om te werk met die kombinasie van Afrikaanse en Franse digkuns, aangebied deur musikante van Kaapstad en die Kongo. Om saam met Laurinda te werk en haar aan ʼn internasionale gehoor bekend te stel was vir my ʼn baie bevredigende ervaring.”

Afrique mon désir word deur die Kaapstadse Musiekakademie aangebied en het vroeër vanjaar by die Woordfees gedebuteer waar dit ʼn WoordTROfee-nominasie ontvang het vir beste musiekgroep. Op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het dit ʼn Kanna-nominasie vir beste musiekproduksie ontvang. By beide feeste het die stuk voor vol sale gespeel en fantastiese resensies ontvang. Die album met dieselfde titel is deur die Franse maatskappy In Ouïe opgemerk en word sedert Mei 2018 wêreldwyd versprei.

Hofmeyr sê dat dit ʼn onvergeetlike ervaring was om in Frankryk op te tree. “Daar was baie hoogtepunte, maar om voor ’n vol saal op die openingsaand by die bekende New Mornings‑teater in Parys op te tree was vir my die hoogtepunt. Dit is hier waar groot legendes soos Miles Davis, Bob Dylan, Papa Wemba en Hugh Masekela ook al opgetree het. Ons moes groot skoene vul! Ons is baie opgewonde om nou die show terug te bring huis toe na die Fugard.”

Dit word aangebied op 18, 19 en 20 Oktober om 20:00, asook ʼn middagvertoning om 16:00 op Saterdag 20 Oktober.

Kaartjies kos R140 en is beskikbaar by www.thefugard.com of skakel die Fugard-teater se kaartjiekantoor by 021 461 4554.

Drie gelukkige lesers staan elkeen die kans om ‘n dubbelkaartjie te wen na die openingsaand op 18 Oktober om 20:00.

Wen

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.