[WEN]: Arno Carstens by die Blou Hond-teater

arno-carstensPlatinumkunstenaar en liedjieskrywer Arno Carstens het al 13 albums vrygestel – vyf as hoofsanger van die groep Springbok Nude Girls, ses as solo-kunstenaar, een as deel van ʼn elektronikaprojek, “Bhelltower”, en in 2016 sy eerste Afrikaanse solo-album, Die Aandblom 13, wat al deur kenners as ʼn alternatiewe meesterstuk beskryf is.

Arno se optredes bestaan uit treffers van sy Springbok Nude Girl-dae asook sy geliefde treffers as platinum-solo-kunstenaar. Die nuutste toevoeging tot sy vertonings is werk van sy bekroonde eerste Afrikaanse album Die Aandblom 13. Arno wen ook ʼn Bok Radio-toekenning vir Liedjie van die Jaar 2016 met sy treffer “Ontwaak”. Die video vir die liedjie is al meer as 100 000 keer gekyk op YouTube. Die Aandblom 13 beoog om met talle toekennings weg te stap in 2017.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na die vertoning van Arno Carstens, met etes ingesluit, Vrydag 21 April by die Blou Hond-teater in Darlingtonweg, Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wat is die naam van Arno se Afrikaanse solo-album? Die kompetisie sluit Dinsdag 18 April. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

Kyk na Arno se video vir “Ontwaak” hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louise Rautwnbach ·

Goeie dag, wil net uit my hart baie baie dankie sê vir die kompetiesie. Ek waardeur die wen van die kaartjies. Ek is trots om te kan sê ek behoort aan julle Maroela Media, altyd tops!!!! Weereens baie dankie.
Groete Louise

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.