Wen: Bottomless Coffee Band by die Oude Libertas-teater

bottomless coffee band

Die Bottomless Coffee Band. (Foto: Facebook)

Die Bottomless Coffee Band, ʼn folk-rockmusiek-duo wat bestaan uit die getroude musikantpaar Lourens en Esté Rabé, is terug met ʼn splinternuwe album, Anthelia.

Dié album word eersdaags bekendgestel.

Sedert die vrystelling van hul eerste album, Room with a view, het die groep van hoek tot kant deur Suid-Afrika, Namibië, Europa en die Verenigde Koninkryk getoer.

Met ʼn verskeidenheid instrumente, storievertellings en ʼn energieke, inspirerende vertoning herinner die duo aan die legendes van ouds en het hulle vinnig gunstelinge onder wêreldwye gehore geword.

Anthelia word op 23 Februarie by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch bekendgestel. Kaartjies kos tussen R150 en R180 en is beskikbaar by Computicket.

WEN: Vyf gelukkige Kaapse lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen vir die vertoning van die Bottomless Coffee Band op Vrydag 23 Februarie by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Wat is die naam van die Bottomless Coffee Band se nuwe album? Die kompetisie sluit Dinsdag 20 Februarie. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is nou gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.