[Wen] Country-sangers hou lekker opskop in Pretoria

Die “LEKKERSTE Country-show van die jaar” vind op 7 April plaas (Foto: Verskaf)

[promosieartikel]

As jy ʼn bladsy uit jou dagboek moet skeur of die flaterwater nader moet hark om te verseker dat jy op Vrydagaand 7 April saam met LekkerFM en Country Collage kan makietie – doen dit.

Van Suid-Afrika se gewildste country-sangers is dan by die Centurion-teater te sien vir die “LEKKERSTE Country-show van die jaar”.

Country-liefhebbers kan onder meer uitsien na JJ Stephens, Jason Bradley en Ernie Bates.

Charlene Olwage, mediabestuurder vir LekkerFM, sê dié country-sangers is slaggereed om die gehoor op hul voete te hê.

“Mense kan uitsien na ʼn groot verskeidenheid tradisionele tot moderne country, dus liedjies waarvan almal hou. Daarbenewens het die teater ʼn baie lekker gesellige atmosfeer en is dit die perfekte Vrydagaand-kuier vir ʼn paartjie, gesin of sommer net om van die week te vergeet,” vertel sy.

Daar gaan ook ʼn wynkelder wees en die KWV gaan ʼn wynpromosie vooraf doen.

Kaartjies kos R150 per persoon en is beskikbaar by Tix SA of die Centurion Teater. Jy kan ook die teater kontak by 012 664 7859.

WEN: Twee lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die geleentheid losslaan. Om in te skryf, stuur jou naam, van, fisiese adres en kontak nommer en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wie bied die LEKKERSTE Country-show van die jaar aan? Inskrywings sluit 4 April. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.